Skip to main content

BSc in Sportwetenskap

Baccalaureusgraad
ID:
0171_161_N100

Die fokus van hierdie program is 'die mens in beweging'. Dit word bestudeer vanuit 'n fisiologiese, biomeganiese, sielkundige, motoriese, filosofiese, sosiologiese en ekonomiese perspektief.

Die inhoud van die program sluit die volgende in: toegepaste anatomie, toegepaste biomeganika, motoriese leer, sportsielkunde, sportetiek, sportbeserings, programontwikkeling, aangepaste bewegingsprogramme, en die fiksheidsbedryf. Hierbenewens volg jy ook, onder andere, Biochemie en Fisiologie.

Kontakbesonderhede
Lauren Onraet
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Sportafrigter, sportbestuurder, sportwetenskaplike, sportfisioloog, werk met persone met gestremdhede, fiksheidsinstrukteur, persoonlike afrigter, onderwyser (ná voltooiing van Nagraadse Onderwyssertifikaat).
Beroepe:
Afrigter
Instrukteur

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 65% in die NSS
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 60%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria

German Abitur

University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 9)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths C on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths E on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026