Skip to main content

BSc in Biodiversiteit en Ekologie

Baccalaureusgraad
ID:
0171_158_N100

Hierdie BSc-graadprogram verskaf 'n breë opleiding in Plant- en Dierkunde. Dit fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing. Dit bied 'n konseptuele oorsig oor ekologie, evolusie, dier- en plantvorme en funksies, biologiese veranderinge op 'n globale skaal (klimaatsverandering, indringerspesies, besoedeling en antropogeniese faktore) en herstelmeganismes (toepassings). Beide terrestriële en mariene konsepte word gedek. Die program verskaf ook toepaslike generiese en wetenskaplike vaardighede, onder meer in gesproke en geskrewe kommunikasie, numeriese en statistiese tegnieke, navorsingsmetodologie, probleemoplossing, die evaluasie en sintetisering van wetenskaplike inligting, asook rekenaarvaardighede.

Kontakbesonderhede
Lauren Onraet
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Plantkundige, dierkundige, plantbiotegnoloog, bewaringswetenskaplike, forensiese wetenskaplike,
mariene wetenskaplike, omgewingsassesseringspraktisyn,
bewaringstegnikus, ekoloog, laboratorium-analis,
omgewingskonsultant, omgewingsimpakdeskundige,
grondgebruik-beplanner, landbouadviseur, omgewingsopvoeder,
Lewenswetenskappe-onderwyser (ná voltooiing van Nagraadse
Onderwyssertifikaat).
Beroepe:
Ekoloog
Wetenskaplike

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 65% in die NSS
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 60%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria

German Abitur

University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 9)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths C on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths E on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026