Skip to main content

BSc in Fisika

Baccalaureusgraad
ID:
0171_128_N101

Hierdie program lewer afgeronde fisiese natuurwetenskaplikes met die nodige tegniese en gerigte wetenskaplike vaardighede om fisikaverwante probleme in die industrie of op navorsings- en ontwikkelingsvlak aan te pak, te fokus op die onderwys en tersiêre onderrig van wetenskap en tegnologie, of verdere nagraadse studie en intensiewe navorsing voort te sit. Die program bied drie strome waaruit jy een kies:

Laserfisika (Fisiese),
Laserfisika (Biologiese)
Teoretiese Fisika

Kontakbesonderhede
Lauren Onraet
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Stralingsbeskermingspraktisyn,
mediese fisikus, nanotegnoloog, data-analis, Fisiese
Wetenskappe-onderwyser (ná voltooiing van Nagraadse
Onderwyssertifikaat), geofisikus, mediese bedryf, luggehalteassesseerder, atmosferiese modelleerder, forensiese fisikus,
navorsingsgeleenthede by die iThemba Laboratorium vir
Versnellergebaseerde Wetenskappe (iThemba LABS) en
instellings soos Eskom, die WNNR, Sasol, die SABS, ’n loopbaan
in bedrywe soos optiese stelsels, kommunikasie (optiese
vesel), ekologie (besoedelingsmonitering), kriminologie
(forensiese wetenskap), verdediging (beheer en kommunikasie),
kernkragstasies en myne, werk op die algemene terrein van
inligtingstegnologie, geologie, biologie en finansies, astrofisikus,
kosmoloog.
Beroepe:
Fisikus
Analis

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 65% in die NSS
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 70%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 70% Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria

German Abitur

University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 7)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths B on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths D on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026