BSc in Molekulêre Biologie en Biotegnologie
Hierdie BSc-graadprogram vorm die basis vir 'n loopbaan as molekulêre selbioloog en biotegnoloog in die privaat, openbare of akademiese sektor.
Mikrobioloë, biochemici, genetici en biotegnoloë is soos speurders wat ontrafel presies hoe mikroskopiese klein selle, soos menslike selle of giste, bakterieë, fungi en virusse werk en hoe dit van toepassing is op die mens, die diere- en die planteryk. Hulle gebruik dan hierdie kennis om siektevrye gewasse, nuwe medisynes of toetse vir siektes te ontwikkel, of te bepaal watter ensieme of bakterieë nuttig in industrieë soos die mynbousektor gebruik kan word, of in die ontwikkeling van biobrandstof. Hulle kennis word ook aangewend in afvalwaterbestuur en die watersuiweringsektor.
Die program gee jou 'n breë, vakkundige agtergrond om die werking van enige lewende organisme op molekulêre vlak te verstaan. Saam met hierdie teoretiese opleiding doen jy baie laboratoriumwerk, wat jou eksperimentele en gerigte wetenskaplike vaardighede ontwikkel.
Afhangend van jou voorgraadse vakkombinasie, kan hierdie stroom lei tot 'n honneursprogram in Biochemie, Genetika, Plantbiotegnologie of Mikrobiologie.
Kontakbesonderhede
Programoorsig
Meer inligting
Loopbaangeleenthede
wetenskaplike, mariene wetenskaplike, omgewingstudiepraktisyn,
laboratorium-analis, voedselinspeksieanalis, biochemikus,
genetikus, Lewenswetenskappe-onderwyser (ná voltooiing van
Nagraadse Onderwyssertifikaat), biobrandstofontwikkelaar,
mikrobioloog, biotegnoloog: werk met selle, gis, bakterieë,
fungi en virusse vir die ontwikkeling van siektevrye plante, nuwe
geneesmiddels of ensieme wat nuttig is in nywerhede of mynbou,
wateranalis.
Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Fisiese Wetenskappe 50%
- Wiskunde 60% of 70%
As jy Wiskunde en Fisika as eerstejaarsvakke neem:
Wiskunde 70%
As jy Wiskunde (Bio) en Fisika (Bio) as eerstejaarsvakke neem:
Wiskunde 60%
Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula
IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 60% or 70% Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria
German Abitur
University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 9)
Maths 8 (Nam 10)
Physics AND Chemistry 5 (Nam 7)
International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)
University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 on SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
Physics AND Chemistry 4 on HL or 5 on SL
Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level
Maths C on AS-Level
Physics AND Chemistry a C on AS-Level
Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level
University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second language, E on A-Level, or B on GCSE/O-Level
Maths E on A-Level
Physics AND Chemistry an E on A-Level
Programstruktuur
Voltyds