Skip to main content

BSc in Rekenaarwetenskap

Baccalaureusgraad
ID:
0728_100_N101

Die BSc in Rekenaarwetenskap-program rus jou toe met ’n uitgebreide kennis van rekenaarwetenskap, insluitend programmering, rekenaarstelsels, databasisse, netwerke, bedryfstelsels en gelyklopende programmering. Na afloop van die driejarige program sal jy verder kan studeer met die oog op ’n beroep in die industrie as programmeerder of in verskeie ander sagteware-, data- en tegnologieverwante rolle.

'n Graad in Rekenaarwetenskapgraad is ’n internasionale kwalifikasie waarmee jy vir nasionale of internasionale maatskappye sal kan werk of navorsing doen. ’n Verskeidenheid maatskappye maak van tegniese rekenaarspesialiste gebruik – van finansiële instellings wat sekuriteit moet waarborg tot maatskappye wat mobiele oplossings vir selfone ontwikkel. As jy ’n belangstelling in die besigheidswêreld het, kan jy ook as entrepreneur ’n eie besigheid begin wat rekenaaroplossings verskaf, of as onafhanklike konsultant of kontrakteur werk.

Kontakbesonderhede
Lauren Onraet
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

(programme in die Wiskundige
Wetenskappe): Aktuariële analis, kwantitatiewe analis,
krediet-analis, risikobestuurder, risikoprodukontwikkelaar,
bedryfsintelligensieanalis, forensiese rekenaar-analis,
rekenaarstelsel-analis, databasisadministreerder, finansiële
analis, wiskundige, operasionele navorsingsanalis,
akoestiekkonsultant, data-analis, beleggingsanalis,
sagtewaretoetser, speletjieontwerper en -ontwikkelaar, CADontwerper, finansiële bestuurder, Wiskunde-onderwyser (ná
voltooiing van Nagraadse Onderwyssertifikaat), operasionele
navorser, voorsieningskettinganalis, datawetenskaplike, dosent,
navorser op interdissiplinêre wetenskaplike terreine wat meer
op strukturele wiskunde as analitiese wiskunde staatmaak,
konsultant in die ingenieursbedryf, programmeerder, kenner
in die modellering van dinamiese prosesse, beeldverwerking, numeriese metodes en vloeimodellering in die bankwese of die
ingenieurs- of rekenaarbedryf, loopbane wat gesofistikeerde
kwantitatiewe vaardighede vereis soos in die bank-, belegging- en
versekeringsektore, proses- of stelseloptimeerder, logistiekkenner
in die vervoer- en bevoorradingsektor, projekontwikkelaar,
beplanner, ook toepassingsmoontlikhede in korporatiewe
boerdery, mynwese, bosbou, die vervaardigingsektor,
produkbemarking, stelselsontwerper, sagtewareontwikkelaar
in die sekuriteit- en banksektor, netwerkspesialis, ontwerper
van mobiele toepassings vir slimfone en tabletrekenaars,
3D-animeerder vir die filmbedryf.
Beroepe:
Ontwikkelaar
Analis

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 65% in die NSS
(Lewensoriëntering uitgesluit)
- Afrikaans OF Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
- Wiskunde 70%

Indien jy Chemie of Fisika as ’n universiteitsvak neem:
- Fisiese Wetenskappe 50%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry) Mathematics 70% English Home Language 50% OR Afrikaans Home Language 50% OR Afrikaans or English First Additional Language 50% Applicants are also subjected to selection according to selection criteria If you take Chemistry or Physics as a university subject: Physical Sciences (Physics AND Chemistry) 50%

German Abitur

University Exemption with 65% average
English 5 (Nam 7)
Maths 8 (Nam 10)
If Chemistry or Physics is taken as university
subject, Physics AND Chemistry 5 (Nam 7)

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
English 4 on HL or 5 SL
Maths 4 on HL or 5 on SL
If Chemistry or Physics is taken as university subject, Physics AND Chemistry 4 on HL or on SL

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, C on AS-Level or B on GCSE/O-Level Maths B on AS-Level
If Chemistry or Physics is taken as university subject: Physics AND Chemistry C on AS-Level

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with
65% average
Afrikaans or English, First or Second Language, E on A-Level or B on GCSE/O-Level
Maths D on A-Level If Chemistry or Physics is taken as university subject: Physics AND Chemistry E on A-Level

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026