Skip to main content

BA in Internasionale Studie

Baccalaureusgraad
ID:
0100_124_L100

In die bestek van drie jaar ontwikkel jy 'n omvattende begrip vir die kompleksiteit van politieke, kulturele en ekonomiese interaksie oor nasionale grense. Só raak jy sensitief vir die rol wat identiteitsvraagstukke in die wêreld speel en word jy voorberei om 'n ingeligte en kritiese wêreldburger te wees.

Hierdie opleiding skep vir jou verskeie moontlike werkgeleenthede soos die diplomatieke diens; die internasionale kantore van die Departemente van Arbeid, Handel en Nywerheid, en Verdediging; die Internasionale Afdeling van die Parlement; die Nasionale Intelligensieagentskap; die toerismebedryf; internasionale telekommunikasie; internasionale joernalistiek; internasionale navorsingsinstansies; openbare skakelwerk; regionale en landwye instansies wat handel en investering bevorder (bv. WESGRO); die hoofkantore en streekkantore van internasionale organisasies soos die VN, AU en die Wêreldhandelsorganisasie, Amnesty International, die World Economic Forum; internasionale hulporganisasies soos Save the Children en OXFAM; multinasionale ondernemings; en die uitvoer- en invoerbedryf.

Dié graad is 'n voorvereiste vir nagraadse programme in Politieke Wetenskap en Internasionale Studie aangesien sommige van hierdie instellings ook nagraadse kwalifikasies verkies.

Kontakbesonderhede
Cheryl Richardson
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Drie jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Diplomatieke diens, parlement, Nasionale Intelligensie-agentskap, toerismebedryf, internasionale joernalistiek, openbare skakelwerk, invoer- en uitvoerbedryf, instellings wat handel en belegging bevorder (soos Wesgro), internasionale organisasies (soos die Verenigde Nasies, Amnestie Internasionaal, Wêreld- Ekonomiese Forum).
Beroepe:
Diplomaat
Joernalis
Analis

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- ’n Gemiddelde prestasie van ten minste 63% in die NSS (Lewensoriëntering uitgesluit)
- Engels Huistaal 50% OF Engels Eerste Addisionele Taal 60%

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

IEB-ISC (NBTs compulsory) IEB-ISC aggregate of at least 65% (excluding Active Citizenry)
- English Home Language 50%OR English First Additional Language 60%

German Abitur

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

University Exemption with 65% average
Language requirements will be satisfied by
meeting the exemption requirements

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026