Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is 'n lewendige en diverse akademiese gemeenskap, erken vir ons uitnemendheid in navorsing, onderrig en kreatiewe praktyk. Deur ons 18 departemente, dertien navorsingsentrums, meer as 70 NRF-gegradeerde navorsers, vier SARChI-leerstoele, en 'n Nasionale Sentrum vir Uitnemendheid in Scientometrie en Wetenskapbeleid, raak ons betrokke by die dringende sosiale, kulturele, politieke, tegnologiese en kreatiewe vrae van ons tyd.
Kontak ons:
Telefoon: +27 21 808-2138
E-pos: [email protected]
Fisiese adres:
Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou, Kamer 492
Merrimanlaan en Van Ryneveldstraat
Voorgraadse programme
Ons bied 14 baccalaureus-graadprogramme aan wat studente toerus met die kennis, vaardighede en veelsydigheid om sukses in ʼn snel veranderende wêreld te behaal. Ons graduandi is skeppende, oordeelkundige, baie vaardige en gesogte werknemers wat oor alle sektore heen floreer – van joernalistiek, digitale media en beleidsontwikkeling, tot dataontleding, onderwys en die skeppende industrieë.
Nagraadse programme
Ons nagraadse programme kombineer streng, navorsinggerigte onderrig en studieleiding oor alle departemente en navorsingsentrums heen, gefasiliteer deur die FLSW Nagraadse Bestuurskool.
Navorsing en innovasie
Ons navorsing is strategies geposisioneer om globale gesprekke oor tegnologie, die samelewing en kultuur te rig. Twaalf transdissiplinêre navorsingsklusters bring navorsers, die burgerlike samelewing en bedryfsvennote byeen. Ons verbintenis tot konteksbewuste, transformerende ondersoek maak van die FLSW ʼn leier in Afrika-gerigte navorsing met internasionale omvang.
Fakulteitsverhale
Gebeure
Departement Joernalistiek druk sy stempel af op geskiedkundige eerste ICA-konferensie in Afrika
'n Sterk teenwoordigheid van die Universiteit Stellenbosch (US) se Departement Joernalistiek het gehelp om die heel eerste Afrika-konferensie van die...
Menings en artikels
Jeugdag: Jongmense se stemme moet gehoor word
Suid-Afrikaners het op 16 Junie Jeugdag gevier. In meningsartikels vir die media het personeel en studente aan die Universiteit Stellenbosch beklemtoon waarom...
Menings en artikels
Belangrike kontinentale kwessies uitgelig op Afrikadag
Die bou van Afrika se toekoms, Ubuntu en liberale demokrasie, die lewe van vroulike Afrika-migrante in Suid-Afrika, en die internasionalisering van hoër...
