Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is 'n lewendige en diverse akademiese gemeenskap, erken vir ons uitnemendheid in navorsing, onderrig en kreatiewe praktyk. Deur ons 18 departemente, dertien navorsingsentrums, meer as 70 NRF-gegradeerde navorsers, vier SARChI-leerstoele, en 'n Nasionale Sentrum vir Uitnemendheid in Scientometrie en Wetenskapbeleid, raak ons betrokke by die dringende sosiale, kulturele, politieke, tegnologiese en kreatiewe vrae van ons tyd.
Kontak ons:
Telefoon: +27 21 808-2138
E-pos: [email protected]
Fisiese adres:
Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou, Kamer 492
Merrimanlaan en Van Ryneveldstraat
Voorgraadse programme
Ons bied 14 baccalaureus-graadprogramme aan wat studente toerus met die kennis, vaardighede en veelsydigheid om sukses in ʼn snel veranderende wêreld te behaal. Ons graduandi is skeppende, oordeelkundige, baie vaardige en gesogte werknemers wat oor alle sektore heen floreer – van joernalistiek, digitale media en beleidsontwikkeling, tot dataontleding, onderwys en die skeppende industrieë.
Nagraadse programme
Ons nagraadse programme kombineer streng, navorsinggerigte onderrig en studieleiding oor alle departemente en navorsingsentrums heen, gefasiliteer deur die FLSW Nagraadse Bestuurskool.
Navorsing en innovasie
Ons navorsing is strategies geposisioneer om globale gesprekke oor tegnologie, die samelewing en kultuur te rig. Twaalf transdissiplinêre navorsingsklusters bring navorsers, die burgerlike samelewing en bedryfsvennote byeen. Ons verbintenis tot konteksbewuste, transformerende ondersoek maak van die FLSW ʼn leier in Afrika-gerigte navorsing met internasionale omvang.
Fakulteitsverhale
Institusionele nuus
Openbare Pleine blaas lewe in ruimtes tússen vakgebiede
Die Universiteit Stellenbosch (US) het ʼn ambisieuse visie – om “Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit te wees, wat wêreldwyd as uitstekend...
Persverklaring
Persvryheidsviering vra vir 'n oomblik van besinning
Die handhawing van gehoorvertroue en die bou van verhoudings is die sleutel tot die voortgesette veerkragtigheid van joernalistiek te midde van volgehoue...
Persverklaring
Joernalistiek-alumni bekroon met Akademiepryse
Joernalistiek-alumni bekroon met Akademiepryse
Twee alumni van die Departement Joernalistiek is wenners van die gesogte Akademiepryse vir 2026.
Die Suid...
