Oor hierdie fakulteit
Die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe is ʼn lewendige en diverse akademiese gemeenskap, wat erken word vir ons uitnemendheid in navorsing, onderrig en kreatiewe praktyk. Deur ons 18 departemente, 13 navorsingsentrums, meer as 70 navorsers met NNS-graderings, vier SARChI-leerstoele en ʼn Nasionale Uitnemendheidsentrum in Scientometrie en Wetenskapsbeleid, is ons betrokke by die dwingende maatskaplike, kulturele, politieke, tegnologiese en kreatiewe vraagstukke van ons tyd. Ons werk, gewortel in Afrika en globaal verbind, pak die hoofuitdagings vir Suid-Afrika en die wêreld aan – van maatskaplike geregtigheid, regeringspraktyk en meertaligheid tot digitale transformasie, volhoubaarheid en die kreatiewe ekonomie. Oor die geesteswetenskappe, die sosiale wetenskappe, tale en die skeppende kunste heen genereer ons nuwe kennis, koester innovasie en help om ʼn meer regverdige en volhoubare toekoms voort te bring.
Voorgraadse programme
Ons bied 14 baccalaureus-graadprogramme aan wat studente toerus met die kennis, vaardighede en veelsydigheid om sukses in ʼn snel veranderende wêreld te behaal. Ons graduandi is skeppende, oordeelkundige, baie vaardige en gesogte werknemers wat oor alle sektore heen floreer – van joernalistiek, digitale media en beleidsontwikkeling, tot dataontleding, onderwys en die skeppende industrieë.
Nagraadse programme
Ons nagraadse programme kombineer streng, navorsinggerigte onderrig en studieleiding oor alle departemente en navorsingsentrums heen, gefasiliteer deur die FLSW Nagraadse Bestuurskool.
Navorsing en innovasie
Ons navorsing is strategies geposisioneer om globale gesprekke oor tegnologie, die samelewing en kultuur te rig. Twaalf transdissiplinêre navorsingsklusters bring navorsers, die burgerlike samelewing en bedryfsvennote byeen. Ons verbintenis tot konteksbewuste, transformerende ondersoek maak van die FLSW ʼn leier in Afrika-gerigte navorsing met internasionale omvang.
Impak en vennootskappe
Ons navorsers en studente werk saam met ander fakulteite en universiteite, nasionaal en internasionaal, die industrie, NRO’s en die burgerlike samelewing om dringende, lewenswerklike uitdagings aan te pak – van werkloosheid en diskriminasie tot klimaatsaanpassing en maatskaplike samehorigheid.
Kunste
Tale
Sosiale wetenskappe
Navorsingsentrums
Fakulteitsverhale
Kampuslewe
Nuwe denke in Fakulteit oor die US se verlede en toekoms
Deur Desmond Thompson
Toe die studie, “Age- and education-related effects on cognitive functioning in Coloured South African women”, in 2019 gepubliseer is, het...
Toekennings en mylpale
Twee jong US-wetenskaplikes vir uitnemendheid in hul vakgebiede erken
Twee wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US) is as lede van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Jong Wetenskaplikes (SAYAS) ingehuldig.
Drs Phila...
Kunste, tale en sosiale wetenskappe
Literêre reuse ondersoek skryfwerk, mag en tuishoort in Kanselierslesing
Wat is werklik die betekenis van die Nobelprys vir Letterkunde? Wie – skrywer, nasie, taal of mark – dien dit per slot van rekening? Is dit dalk tyd, soos J.M...