Skip to main content

Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)

Gevorderde diploma
ID:
0677_100_O101

Jy kan jou ook as hoërskoolonderwyser bekwaam deur eers 'n graad uit 'n ander fakulteit te verwerf en daarna in te skryf vir ons eenjarige Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS). Twee van die vakke (een tot op minstens tweedejaarsvlak en een tot op derdejaarsvlak) van so 'n voorgraadse program moet só gekies word dat jy minstens twee toepaslike skoolvakke kan onderrig.

Vir die verskillende skoolvakonderrigmodules se vereistes, bestudeer die Fakulteit Opvoedkunde se jaarboek onder NOS. Hierdie program is gefokus op die opleiding van hoërskoolopvoeders vir veral die Verdere Onderwys- en Opleidingsfase (VOO).

Die Fakulteit beveel ten sterkste aan dat jy minstens twee skoolvakonderrigmodules neem, aangesien dit jou loopbaanvooruitsigte aansienlik verbeter as jy twee skoolvakke kan onderrig. Indien jy egter net aan die toelatingsvereistes van een in plaas van twee skoolvakke se onderrigmodules voldoen, moet dié vak 'n hoofvak in jou voorgraadse of honneurskwalifikasie wees. Jy moet dan ook die 20-krediet Gevorderde Studie-module in jou spesifieke vakspesialiteit neem. Dit is nie ? uitgemaakte saak dat al die Gevorderde Studie-modules in ? betrokke jaar aangebied kan word nie, aangesien dit afhang van beskikbare personeel.

Alle voornemende studente wat vir toelating tot die NOS aansoek doen, doen twee weke lank observasie aan die begin van die skooljaar voordat hul toegelaat word om vir hierdie program te registreer. Hierdie observasie eindig met die inlewering van ? verslag wat 10% vir jou finale Praktieseleer-punt tel. Al die nodige dokumentasie in hierdie verband sal voor die einde van die voorafgaande jaar aan voornemende studente verskaf word.

Kontakbesonderhede
Elbie Els
Recruitment Coordinator
Eune Louwrens
Faculty Administrator

Programoorsig

Duur
Een jaar
Kampus
Stellenbosch

Meer inligting

Vou alles toe

Loopbaangeleenthede

Hoërskoolonderwyser in twee vakke (graad 8 tot 12).
Beroepe:
Onderwyser

Minimum toelatingsvereistes – NSS/IEB

- Twee vakke as onderrigmodules word vir toelating vereis. Elke onderrigvak moet aan die intreevereistes van die betrokke vak voldoen. Nie alle onderrigmodules is elke jaar beskikbaar nie: ’n Minimum getal studente word per onderrigmodule vereis.

- Intreevereiste: ’n Graad op NKR-vlak 7 met twee onderrigvakke.
- Vir NOS-onderrigmodules en hulle vereistes, raadpleeg die Fakulteit Opvoedkunde se Jaarboek by www.su.ac.za.

Minimum toelatingsvereistes – internasionale kurrikula

IEB-ISC

Postgraduate programme not applicable to undergraduate prospectus

German Abitur

Postgraduate programme not applicable to undergraduate prospectus

International Baccalaureate Diploma (IB Diploma)

Postgraduate programme not applicable to undergraduate prospectus

Cambridge International/Pearson Edexcel AS-level , IGCSE/O-level

Postgraduate programme not applicable to undergraduate prospectus

Cambridge International/Pearson Edexcel A-level , IGCSE/O-level

Postgraduate programme not applicable to undergraduate prospectus

Programstruktuur

Voltyds

Last updated 01 April 2026
Vrywaring:
Die Universiteit behou die reg voor om die inligting op hierdie webblad te enige tyd te wysig. Hoewel alle pogings aangewend word om te verseker dat die inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is, kan dit verander of verouderd raak. Dit bly die verantwoordelikheid van voornemende studente om alle besonderhede in die betrokke fakulteitsjaarboek na te gaan of direk by die betrokke departement te bevestig.

Aansoekdatums

Suid-Afrikaanse studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026
Internasionale studente
Aansoeke open:
1 April 2026
Aansoeke sluit:
31 July 2026