Skip to main content

Studentekaarte

Terugkerende studente nog in besit van hulle studentekaarte hoef nie hul kaarte te heraktiveer nie. Kaarte sal outomaties geaktiveer word sodra die uitstaande bedrag op jou 2025-studenterekening vereffen is en jy vir 2026 geregistreer het. 

Studentekaarte kan slegs uitgereik of geheraktiveer word nadat 2025 se studenterekeninge ten volle vereffen en ‘n geldige betalingsbewys ontvang is. 

Studentekaarte word in die Coetenzenburg-sentrum uitgereik.