Skip to main content

Koshuise: Senior en terugkerende studente

Senior en terugkerende studente kan op die volgende datums intrek: 

Voorgraadse koshuise op die Stellenbosch-kampus

  • 16 Januarie 2026: Huiskomiteelede (HK)
  • 4 Februarie 2026: Senior studente

Senior koshuise op die Stellenbosch-kampus

Huis Walter Parry | Huis Mac Donald | Concordia | Lobelia | Huis de Villiers | The Village en Huis Russel Botman | LLL-huise, PSG-huise en Universiteitshuise 

  • 16 Januarie 2026 

Studente wat nie hul koshuisplek in 2026 gaan opneem nie, moet die Akkommodasiekantoor per epos in kennis stel: [email protected].

Registrasie en koshuisbesetting 

Studente wat aanlyn registreer (self-registrasie) of van die vroeë ondersteunde registrasie op kampus gebruik wil maak, moet daarop let dat Universiteitskoshuise nie oop sal wees vir vroeë besetting nie. As jy besluit om vroeg te registreer, moet jy alternatiewe verblyfreëlings tref.