Skip to main content

Koshuise en privaat behuising vir nuweling-eerstejaarstudente

Let asseblief daarop dat jou akademiese aanbod nie huisvesting insluit nie. Dit is jou verantwoordelikheid om teen jou eie kostes verblyf te vind voordat jy op kampus aankom en registreer.

Lees meer oor universiteitskoshuise en privaat verblyf

Koshuis-intrekdatums vir nuwe eerstejaarstudente

Nuwe eerstejaarstudente wat sonder om vooraf reëlings te tref nie op die aangeduide intrekdatum by hul koshuise opdaag nie, sal hul koshuisplasing verbeur en die plek sal aan ‘n student op die koshuis-waglys toegeken word. 

Koshuise maak op hierdie datums oop:

  • Maandag, 26 Januarie 2026: nuweling-eerstejaarstudente in die Fakulteit Regsgeleerdheid
  • Dinsdag, 27 Januarie 2026: alle ander nuweling-eerstejaarstudente 

 

Nuweling-eerstejaarstudente met koshuisverblyf moet by hul koshuise aanmeld volgens die die tye wat die onderskeie koshuise aan hulle gekommunikeer het. 

Kansellasie van koshuisverblyf 

Nuweling-studente wat nie hul koshuisplek in 2026 wil opneem nie, moet die Akkommasiekantoor per epos in kennis stel: [email protected]