Klas- en koshuisgelde
Die klas- en koshuisgelde vir 2026 kan hier besigtig word.
Let asseblief op: 'n Aparte studenterekening sal nie gedurende registrasie uitgereik word nie. Maandelikse bedrae wat verskuldig is, sal op jou studentegelde-rekening aangedui word wat voor die einde van elke maand uitgestuur sal word. Jou eerste rekening sal na afloop van registrasie beskikbaar wees en binne 'n week nadat registrasie gesluit het, uitgestuur word.