2026 Finale toelating
Finale toelating vir 2026 vir studente wat die eerste keer voorgraads inskryf
Ons sal ’n finale aanbod uitreik gebaseer op jou finale graad 12-uitslae, wat in Januarie 2026 uitgereik sal word. Jy sal twee dae hê om die aanbod te aanvaar voordat dit verval. Hou jou e-pos fyn dop vir bywerkings en maak seker dat jy jou aanlyn status nagaan deur die Aansoekportaal >> te gebruik.
Maak asseblief seker dat jy die status van jou Studentekontrak >> voortdurend op jou aansoekportaal monitor sodra dit opgelaai is. Let ook daarop dat hierdie proses nie van toepassing is op studente wat in 2025 by die US geregistreer was nie.
Jy sal eers kan registreer nadat jy jou finale aanbod aanvaar het en jou aanmeldbesonderhede ontvang het (wat in ’n aparte skrywe gestuur sal word), sodra die amptelike registrasieperiode open.
Let asseblief daarop dat die finale toelatings en daaropvolgende kommunikasie vanaf Dinsdag 13 Januarie 2026 verwerk sal word.
Heroorweging van onsuksesvolle aansoekers vir 2026-inname op voorwaarde dat daar plek beskikbaar is.
| Fakulteit | Voorwaardes vir heroorweging | Wyse van aansoek en/of kontakpersoon vir heroorweging: |
| AgriWetenskappe | Sal heroorweeg word vir hoofstroom en VKP (nadat finale graad 12-uitslae beskikbaar is). Onsuksesvolle aansoekers van ander fakulteite wat by die US aansoek gedoen het en aan die toelatingsvereistes van programme wat deur AgriWetenskappe aangebied word, voldoen. | Die vorm vir heroorweging is hier beskikbaar . Die skakel sal die dag ná ontvangs van die graad 12-uitslae oopmaak. |
| Lettere en Sosiale Wetenskappe | Geen heroorwegings vir keuringsprogramme nie (Visuele Kunste, Drama, Musiek, Maatskaplike Werk en alle VKP-programme). Sal onsuksesvolle kandidate met ’n gemiddelde van 68%+ vir ander programme behalwe die bogenoemde heroorweeg. | Die vorm vir heroorweging is beskikbaar Die skakel sal op 12 Januarie open en op 30 Januarie 2026 sluit. |
| Ekonomiese en Bestuurswetenskappe | Sal aansoekers met ’n gemiddelde van 80% + 80% vir Wiskunde heroorweeg. (Dit sal studente insluit wat aansoek gedoen het vir toelating tot ’n program wat by die US aangebied word, maar wat verkies om na EBW oor te skakel. As ’n aansoeker ’n voorwaardelike aanbod van EBW ontvang het, maar nie die aanbod aanvaar het nie, sal EBW die aansoeker heroorweeg. | ’n Aanlyn heroorwegingsvorm sal van 15 Januarie om 08:00 tot 29 Januarie om 17:00 beskikbaar wees. Hierdie vorm moet vir heroorweging ingevul word, aangesien geen ander heroorwegingsversoeke oorweeg sal word nie. |
| Opvoedkunde | Slegs aansoekers op die waglys sal oorweeg word. | |
| Ingenieurswese | Aansoekers met 80%+ in graad 12 sal oorweeg word. | Heroorweging vir BIng hoofstroom of VKP: As jy wil hê ons moet jou vir ’n plek in die BIng hoofstroom of verlengde kurrikulumprogramme heroorweeg, voeg asseblief jou besonderhede hier. Die skakel sal op 20 Januarie beskikbaar gestel word. Moet asseblief nie die aanlyn vorm voltooi indien jy reeds ’n voorwaardelike aanbod tot ’n BIng-program aanvaar het nie. Ons sal outomaties kandidate vir finale toelating heroorweeg wat: - ’n voorwaardelike aanbod aanvaar het; OF - ’n waglysstatus het. |
| Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe | Aansoekers wat reeds op die waglys is, sal outomaties op grond van hulle finale matriekuitslae heroorweeg word. Aansoekers wat nie oorspronklik aan die toelatingsvereistes voldoen het nie, maar wat hulle uitslae verbeter ná die uitreiking van finale NSS (of ekwivalente) punte, mag versoek om op die waglys geplaas te word. Plasing sal afhang van akademiese rangorde en beskikbare programplekke. | Versoeke om op die waglys geplaas te word moet voor die einde van Januarie ná die vrystelling van die matriekuitslae by die Voorgraadse Keuringskantoor ([email protected]) ingedien word. |
| Regsleerdheid | Slegs aansoekers op die waglys sal oorweeg word. | Voeg besonderhede by die waglys hier. Let daarop dat die aansoekers op die waglys slegs oorweeg sal word indien daar plekke in die program beskikbaar is. Aansoekers op die waglys sal volgens akademiese meriete gerangskik word en sal in Februarie 2026 per e-pos gekontak word, indien gekies, sodra die formele registrasieperiode vir nuwelingstudente verby is. |
| Natuurwetenskappe | ’n Aanlyn skakel sal op 5 Januarie 2026 beskikbaar gestel word. | Die vorm vir heroorweging is hier beskikbaar. |
| Teologie | Slegs aansoekers met 60%+ in graad 12 sal vir toelating tot hoofstroomprogramme heroorweeg word. Aansoekers wat tans vir VKP (55–59%) toegelaat is, sal vir hoofstroom oorweeg word indien die graad 12-uitslae 60%+ is. Heroorweging vir VKP sal oorweeg word indien plek beskikbaar is, op voorwaarde dat die gemiddelde vir die finale graad 12-uitslae 55%+ is. | Alexia de Freitas ([email protected]) |