Sewe studente-entrepreneurs van die Universiteit Stellenbosch (US) het deurgedring na die streeksrondte van die 2025 Entrepreneurskap-ontwikkeling in hoër onderwys (EDHE) se Entrepreneurskap Intervarsity-kompetisie. Hierdie inisiatief, nou in sy sewende jaar, is ontwerp om die studentgeleide innovasies wat werklike Suid-Afrikaans-gefokusde uitdagings aanpak, in die kollig te plaas.