Innovasie en kommersialisering
Innovus TTO werk saam met en ondersteun US-personeel en -studente in die identifisering, beskerming, bestuur en kommersialisering van hul uitvindsels en intellektuele eiendom tot voordeel van die gemeenskap. Ons werk nou saam met fakulteite om nuwe intellektuele eiendom te identifiseer wat gebruik kan word in die industrie of gemeenskap. Ons bepaal dan die beste strategie om die intellektuele eiendom te beskerm sodat kommersiële geleenthede effektief ontwikkel kan word. Innovus TTO maak dit moontlik om intellektuele eiendom van die US te kommersialiseer. Gewoonlik behels dit lisensiëring van die intellektuele eiendom aan ’n kommersiële entiteit of die stigting van ’n afwentelmaatskappy waarin beide die uitvinders en die US aandeelhouers is (deur die US se beheermaatskappy wat vir hierdie doel gestig is). Ons span implementeer verskeie programme om ’n kultuur van innovering en entrepreneurskap te bevorder en ons verseker nakoming van die regulasies van die Wet op Intellektuele Eiendomsregte uit Staatsgefinansierde Navorsing en Ontwikkeling, Wet 51 van 2008, asook US-beleid ten opsigte van intellektuele eiendom.
Kopieregkantoor: help met die beskerming, risikobestuur en administrasie van kopieregaspekte by die US en bied raad, kopieregklaringsdienste en hulp aan US-personeel en -studente. Die kantoor is ook verantwoordelik vir die bestuur en implementering van die US se DALRO-komberslisensieooreenkoms.
Handelsmerkkantoor: identifiseer, beskerm, bestuur en kommersialiseer US-handelsmerke in ooreenstemming met die bepalings van die beleid oor die gebruik en lisensiëring van die Universiteit Stellenbosch se handelsmerke. Wat kommersiële doeleindes betref, is die Handelsmerkkantoor verantwoordelik vir goedkeuring van alle gebruike van US-handelsmerke en alle variasies in die toepassing daarvan.
Kortkursusafdeling: bied aan die US spesifieke operasionele en administratiewe dienste wat personeel in staat stel om kortkursusse aan te bied en die verantwoordelikheid na te kom om as beskermer op te tree van die beleid ten opsigte van die aanbieding van kortkursusse aan die Universiteit Stellenbosch wat die kortkursusprosesse namens die instansie koördineer, standaardiseer en ondersteun.
US LaunchLab werk nou saam met die span van die Tegnologie-oordragkantoor om ’n naatlose diens aan US-entrepreneurs te bied. US LaunchLab bied die volgende dienste aan die US-entrepreneursgemeenskap:
- Student-entrepreneurskap
- Stigting en inname van nuwe maatskappye
- Ondersteuning aan portefeulje-maatskappye
- USE-portefeulje verslaggewing en fondsbestuur
US LaunchLab bied werkswinkels aan oor entrepreneursingesteldheid om student-entrepreneurskap meer toeganklik te maak. Fakulteit-spesifieke opleidingskampe gee aan studente die vaardighede om entrepreneurs te word binne hul studieveld, terwyl US Hackathons industrie-geleenthede aanspreek. Entrepreneurskapontwikkeling in Hoër Onderwys (EOHO) Intervarsity gee aan US student-entrepreneurs (MatiePreneurs) ’n nasionale platform om hul besighede ten toon te stel. Verder is ResNova ’n inkubasieprogram ontwerp met MatiePreneurs in gedagte.
Vir die skep en inname van nuwe maatskappye is die Instant Startup-platform wat interaktiewe, begeleide entrepreneurskapopvoeding aan spanne bied ’n noodsaaklike hulpmiddel. Die Inname-span is verantwoordelik daarvoor om nuwe afwentelmaatskappye te skep. Hulle verseker goeie korporatiewe bestuur en praktyke binne die US-maatskappygroep deur nakomingsgebaseerde ingesteldhede en praktyke te kweek. Hulle bevorder die vaardighede van ons direkteure en hoof- uitvoerende beamptes deur opleiding aan te bied oor hoe om ’n verantwoordelike direkteur te wees. Verder fasiliteer hulle die opstel van die Memorandum van Insluiting en die Aandeelhouersooreenkoms met die unieke afwentelsituasie in gedagte.
Hulle bied voortgesette ondersteuning aan portefeulje-maatskappye deur verhoudings met gekeurde eksterne vennote en verskaffers aan die US en bied sekretariële dienste en beperkte administratiewe ondersteuning aan maatskappye. Hulle onderhandel namens die US se groep van maatskappye met verskeie relevante diensverskaffers vir afslag. Verder bied die Afwentel-portiertoonbank voortgesette dienste aan nuwe en pre-afwentelmaatskappye. Hierdie dienste sluit in die opstel van rekenkundige sagteware, die opening van bankrekeninge, prosessering van boekhouding en bestuur van die betaalstaat. Die Portier kan die afwentelmaatskappye bystaan met die skep van ’n handelsmerk en webtuiste, die ontwerp van ’n kenteken en baie ander maatskappyverwante dienste.
Inkubasieprogramme wat Instant Startup gebruik, is ’n sleuteldiens om kommersiële projekte te help vorder deur die proses van goedkeuring tot afwentelmaatskappy, om aanvanklike voor-saadbefondsing of engelbefondsing te bekom, en om ’n datakamer te skep wat sal help met die verkryging van hul eerste reeks-saadbefondsing.
Portefeuljemaatskappye ontvang ook presisie-inkubasiedienste deur US-Launchlab, toegang tot ’n indrukwekkende netwerk van mentors, asook kontak met vele industrievennote wat dikwels US LaunchLab nader vir nuwe innoverende maatskappye.
US LaunchLab ondersteun die USE-span met verslagdoening oor die USE se portefeulje van maatskappye asook die verskeie fondse waaroor die US beskik om huidige en toekomstige portefeuljemaatskappye te ondersteun.
- Residensiële dienste – verskaf verblyf aan 8 000 studente
- Spyseniering en nakoming – voorsien tussen 15 000 en 17 000 maaltye per dag
- Vervoerdienste
- Verhuringskantoor (studentesentrums en langtermynverhuring)
- Botaniese Tuin
- Kopieer-, druk- en koerierdienste
44 Companies
Factory209:
University Shops | Film shoots
Conferencing and Events
Gradlinc
Matie Gymnasium
US Enterprises (Edms) Bpk (USE) is die US beheermaatskappy wat die instansie se aandele in die US se maatskappygroep hou en bestuur. USE het sy eie direksie met nie-uitvoerende onafhanklike direkteure (hoogs suksesvolle sakeleiers) sowel as verteenwoordigers van die Universiteit. Die maatskappy se direksie beheer die strategie, sake-aktiwiteite en bedrywighede van USE en sy entiteite. Die direksie word ook deur die rektoraat gemagtig om strategiese leiding aan die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering te bied.
Factory 209 (Edms) Bpk, ’n maatskappy in die US se maatskappygroep, is die kommersiële arm van SunCom en kommersialiseer ’n aantal inisiatiewe namens die US in ’n meer buigsame en sakevriendelike omgewing. Factory 209 is die tuiste van die vyf Matie-winkels (drie winkels in die Neelsie-studentesentrum, die winkel in die Tygerberg-studentesentrum, die US Botaniese Tuin se winkel) en die aanlyn en mobiele winkels, sowel as die Sentrale Geleenthede- en Konferensiekantoor (CECO), Gasteverblyf en Gradlinc.
CECO bestuur korttermynverhurings, fotosessies en geleenthede en konferensies op die US se kampusse. Gasteverblyf bestuur die US-gastewoonstelle, asook besoekende groepe wat gedurende universiteisvakansies in US-koshuise bly. Gradlinc is ’n platform wat aan werkgewers toegang verleen tot talentvolle graduandi en aan studente ondersteuning bied in die voorbereiding van CV’s, asook oefening vir werksonderhoude en toegang tot internskappe en werksgeleenthede.
Stellenbosch-netwerk is ’n niewinsgewende organisasie en trotse inisiatief van die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering wat baie nou saamwerk met hierdie afdeling, en spesifiek die US LaunchLab, om aktiewe netwerke te skep en akademici, studente, niewinsgewende organisasies, groot en klein maatskappye, munisipale en verskeie ander belanghebbendes in Stellenbosch met mekaar te verbind.
Hierdie afdeling funksioneer in ooreenstemming met US-beleide en -regulasies en is ook die instansie se beskermer van die volgende:
- Beleid met betrekking tot die Beskerming en Kommersialisering van Intellektuele Eiendom aan die Universiteit Stellenbosch (PCIPP)
- Beleid met betrekking tot die aanbieding van kortkursusse aan die Universiteit Stellenbosch;
- Beleid met betrekking tot die gebruik en lisensiëring van die Universiteit Stellenbosch se handelsmerke;
- Korttermyn verhuringsbeleid;
- Innovus-regulasies vir die interne innoveringsfonds (R777)
- Regulasies vir kommersialisering aan die US
- Langertermyn verhuringsbeleid
- Mobiliteitsplan
Dien ’n idee in
US-uitvinders en entrepreneurs: Klik hieronder om jou idee in te dien (bekendmaking).
US Tegnologieë
Soek deur ons beskikbare tegnologieë vir lisensiëring of belegging.
US Nuwe Ondernemings
Bekyk die Universiteit Stellenbosch se maatskappygroep.
Entrepreneurskap aan die US
Stellenbosch speel ’n sleutelrol in die bevordering en ondersteuning van entrepreneurskap.
Stories
Persverklaring
Ondersteun Globale Herwinningsdag: Bring jou e-afval en gooi dit in een van die geel asblikke op verskeie plekke op ons kampusse.
Om bewustheid te skep oor Globale Herwinningsdag op 18 Maart 2026, moedig die Afdeling Kampusontwikkeling, Infrasturktuur en Dienste van Stellenbosch...
Innovasie en entrepreneurskap
Soos gesien in Afri Explorer: Hoe CECO gebeure in Stellenbosch herontwerp
Die Sentrale Geleentheids- en Konferensiekantoor (SECO) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is nie meer die dorp se best bewaarde geheim nie. Hul onlangse...
Innovasie en entrepreneurskap
SU Botaniese Tuin ondersteun verbeterde globale plantdata-ekosisteem
Die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin (SUBG) dra by tot 'n wêreldwye poging om die manier waarop navorsers en bewaringsbewustes lewende plantversamelings...