Breadcrumb
Wie is ons?
Die missie van Innovasie en Kommersialisering is om innovering by die Universiteit Stellenbosch te laat geld.
Ons streef daarna om die impak van die Universiteit Stellenbosch op die Afrika-kontinent te maksimaliseer deur die universiteit se navorsingsuitsette te gebruik om entrepreneurskap te bevorder, werksgeleenthede te skep, nuwe produkte en dienste te ontwikkel en die behoeftes van al ons burgers aan te spreek.
Innovasie en Kommersialisering streef ook daarna om die universiteit te ondersteun deur optimalisering van die vyfde inkomstestroom.
Ons Waardevoorstel
By die Universiteit Stellenbosch (US) se Innovasie- en Kommersialiseringsafdeling (I&K) ontsluit ons idees, bemagtig innovasie en laat ons 'n florerende US se potensiaal groei deur navorsing en innovasie te kommersialiseer, die Universiteit se bates te optimaliseer en te benut om 'n volhoubare vyfdestroominkomste te kweek. Ons integreer 'n entrepreneuriese ingesteldheid oor kampusse heen, en omskep idees, kennis en fasiliteite in inkomste en geleenthede met impak: die skep van 'n ware Suid-Afrikaanse entrepreneuriese universiteit wat ons studente, personeel, vennote en die gemeenskap bevoordeel.
Die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering bestaan uit vier kantore.
Innovus Tegnologie-oordragkantoor (TTO)
Innovus TTO werk saam met en ondersteun US-personeel en -studente in die identifisering, beskerming, bestuur en kommersialisering van hul uitvindsels en intellektuele eiendom tot voordeel van die gemeenskap. Ons werk nou saam met fakulteite om nuwe intellektuele eiendom te identifiseer wat gebruik kan word in die industrie of gemeenskap. Ons bepaal dan die beste strategie om die intellektuele eiendom te beskerm sodat kommersiële geleenthede effektief ontwikkel kan word.
Innovus TTO maak dit moontlik om intellektuele eiendom van die US te kommersialiseer. Gewoonlik behels dit lisensiëring van die intellektuele eiendom aan ’n kommersiële entiteit of die stigting van ’n afwentelmaatskappy waarin beide die uitvinders en die US aandeelhouers is (deur die US se beheermaatskappy wat vir hierdie doel gestig is). Ons span implementeer verskeie programme om ’n kultuur van innovering en entrepreneurskap te bevorder en ons verseker nakoming van die regulasies van die Wet op Intellektuele Eiendomsregte uit Staatsgefinansierde Navorsing en Ontwikkeling, Wet 51 van 2008, asook US-beleid ten opsigte van intellektuele eiendom.
US LaunchLab
US LaunchLab werk nou saam met die span van die Tegnologie-oordragkantoor om ’n naatlose diens aan US-entrepreneurs te bied. US LaunchLab bied die volgende dienste aan die US-entrepreneursgemeenskap:
- Student-entrepreneurskap
- Stigting en inname van nuwe maatskappye
- Ondersteuning aan portefeulje-maatskappye
- USE-portefeulje verslaggewing en fondsbestuur
US LaunchLab bied werkswinkels aan oor entrepreneursingesteldheid om student-entrepreneurskap meer toeganklik te maak. Fakulteit-spesifieke opleidingskampe gee aan studente die vaardighede om entrepreneurs te word binne hul studieveld, terwyl US Hackathons industrie-geleenthede aanspreek. Entrepreneurskapontwikkeling in Hoër Onderwys (EOHO) Intervarsity gee aan US student-entrepreneurs (MatiePreneurs) ’n nasionale platform om hul besighede ten toon te stel. Verder is ResNova ’n inkubasieprogram ontwerp met MatiePreneurs in gedagte.
Vir die skep en inname van nuwe maatskappye is die Instant Startup-platform wat interaktiewe, begeleide entrepreneurskapopvoeding aan spanne bied ’n noodsaaklike hulpmiddel. Die Inname-span is verantwoordelik daarvoor om nuwe afwentelmaatskappye te skep. Hulle verseker goeie korporatiewe bestuur en praktyke binne die US-maatskappygroep deur nakomingsgebaseerde ingesteldhede en praktyke te kweek. Hulle bevorder die vaardighede van ons direkteure en hoof- uitvoerende beamptes deur opleiding aan te bied oor hoe om ’n verantwoordelike direkteur te wees. Verder fasiliteer hulle die opstel van die Memorandum van Insluiting en die Aandeelhouersooreenkoms met die unieke afwentelsituasie in gedagte.
Hulle bied voortgesette ondersteuning aan portefeulje-maatskappye deur verhoudings met gekeurde eksterne vennote en verskaffers aan die US en bied sekretariële dienste en beperkte administratiewe ondersteuning aan maatskappye. Hulle onderhandel namens die US se groep van maatskappye met verskeie relevante diensverskaffers vir afslag. Verder bied die Afwentel-portiertoonbank voortgesette dienste aan nuwe en pre-afwentelmaatskappye. Hierdie dienste sluit in die opstel van rekenkundige sagteware, die opening van bankrekeninge, prosessering van boekhouding en bestuur van die betaalstaat. Die Portier kan die afwentelmaatskappye bystaan met die skep van ’n handelsmerk en webtuiste, die ontwerp van ’n kenteken en baie ander maatskappyverwante dienste.
Inkubasieprogramme wat Instant Startup gebruik, is ’n sleuteldiens om kommersiële projekte te help vorder deur die proses van goedkeuring tot afwentelmaatskappy, om aanvanklike voor-saadbefondsing of engelbefondsing te bekom, en om ’n datakamer te skep wat sal help met die verkryging van hul eerste reeks-saadbefondsing.
Portefeuljemaatskappye ontvang ook presisie-inkubasiedienste deur US-Launchlab, toegang tot ’n indrukwekkende netwerk van mentors, asook kontak met vele industrievennote wat dikwels US LaunchLab nader vir nuwe innoverende maatskappye.
US LaunchLab ondersteun die USE-span met verslagdoening oor die USE se portefeulje van maatskappye asook die verskeie fondse waaroor die US beskik om huidige en toekomstige portefeuljemaatskappye te ondersteun.
Die US kopiereg, handelsmerke en kortkursusse
- Kopieregkantoor – help met die beskerming, risikobestuur en administrasie van kopieregaspekte by die US en bied raad, kopieregklaringsdienste en hulp aan US-personeel en -studente. Die kantoor is ook verantwoordelik vir die bestuur en implementering van die US se DALRO-komberslisensieooreenkoms.
- Handelsmerkkantoor – identifiseer, beskerm, bestuur en kommersialiseer US-handelsmerke in ooreenstemming met die bepalings van die beleid oor die gebruik en lisensiëring van die Universiteit Stellenbosch se handelsmerke. Wat kommersiële doeleindes betref, is die Handelsmerkkantoor verantwoordelik vir goedkeuring van alle gebruike van US-handelsmerke en alle variasies in die toepassing daarvan.
- Kortkursusafdeling – bied aan die US spesifieke operasionele en administratiewe dienste wat personeel in staat stel om kortkursusse aan te bied en die verantwoordelikheid na te kom om as beskermer op te tree van die beleid ten opsigte van die aanbieding van kortkursusse aan die Universiteit Stellenbosch wat die kortkursusprosesse namens die instansie koördineer, standaardiseer en ondersteun. Besoek die kortkursuswebwerf hier.
SunCom Besigheidskantoor
- US Enterprises (Edms) Bpk (USE) is die US beheermaatskappy wat die instansie se aandele in die US se maatskappygroep hou en bestuur. USE het sy eie direksie met nie-uitvoerende onafhanklike direkteure (hoogs suksesvolle sakeleiers) sowel as verteenwoordigers van die Universiteit. Die maatskappy se direksie beheer die strategie, sake-aktiwiteite en bedrywighede van USE en sy entiteite. Die direksie word ook deur die rektoraat gemagtig om strategiese leiding aan die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering te bied.
- Factory 209 (Edms) Bpk, ’n maatskappy in die US se maatskappygroep, is die kommersiële arm van SunCom en kommersialiseer ’n aantal inisiatiewe namens die US in ’n meer buigsame en sakevriendelike omgewing. Factory 209 is die tuiste van die vyf Matie-winkels (drie winkels in die Neelsie-studentesentrum, die winkel in die Tygerberg-studentesentrum, die US Botaniese Tuin se winkel) en die aanlyn en mobiele winkels, sowel as die Sentrale Geleenthede- en Konferensiekantoor (CECO), Gasteverblyf en Gradlinc.
- CECO bestuur korttermynverhurings, fotosessies en geleenthede en konferensies op die US se kampusse. Gasteverblyf bestuur die US-gastewoonstelle, asook besoekende groepe wat gedurende universiteisvakansies in US-koshuise bly. Gradlinc is ’n platform wat aan werkgewers toegang verleen tot talentvolle graduandi en aan studente ondersteuning bied in die voorbereiding van CV’s, asook oefening vir werksonderhoude en toegang tot internskappe en werksgeleenthede.
- Stellenbosch-netwerk is ’n niewinsgewende organisasie en trotse inisiatief van die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering wat baie nou saamwerk met hierdie afdeling, en spesifiek die US LaunchLab, om aktiewe netwerke te skep en akademici, studente, niewinsgewende organisasies, groot en klein maatskappye, munisipale en verskeie ander belanghebbendes in Stellenbosch met mekaar te verbind.
Benewens hierdie kantore, word I&K, die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering, met twee eksterne entiteite geassosieer.
US Enterprises (Edms) Bpk (USE) is die US beheermaatskappy wat die instansie se aandele in die US se maatskappygroep hou en bestuur. USE het sy eie direksie met nie-uitvoerende onafhanklike direkteure (hoogs suksesvolle sakeleiers) sowel as verteenwoordigers van die Universiteit. Die maatskappy se direksie beheer die strategie, sake-aktiwiteite en bedrywighede van USE en sy entiteite. Die direksie word ook deur die rektoraat gemagtig om strategiese leiding aan die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering te bied.
Factory 209 (Edms) Bpk, ’n maatskappy in die US se maatskappygroep, is die kommersiële arm van SunCom en kommersialiseer ’n aantal inisiatiewe namens die US in ’n meer buigsame en sakevriendelike omgewing. Factory 209 is die tuiste van die vyf Matie-winkels (drie winkels in die Neelsie-studentesentrum, die winkel in die Tygerberg-studentesentrum, die US Botaniese Tuin se winkel) en die aanlyn en mobiele winkels, sowel as die Sentrale Geleenthede- en Konferensiekantoor (CECO), Gasteverblyf en Gradlinc.
CECO bestuur korttermynverhurings, fotosessies en geleenthede en konferensies op die US se kampusse. Gasteverblyf bestuur die US-gastewoonstelle, asook besoekende groepe wat gedurende universiteisvakansies in US-koshuise bly. Gradlinc is ’n platform wat aan werkgewers toegang verleen tot talentvolle graduandi en aan studente ondersteuning bied in die voorbereiding van CV’s, asook oefening vir werksonderhoude en toegang tot internskappe en werksgeleenthede.
Stellenbosch-netwerk is ’n niewinsgewende organisasie en trotse inisiatief van die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering wat baie nou saamwerk met hierdie afdeling, en spesifiek die US LaunchLab, om aktiewe netwerke te skep en akademici, studente, niewinsgewende organisasies, groot en klein maatskappye, munisipale en verskeie ander belanghebbendes in Stellenbosch met mekaar te verbind.
US Beleide en Regulasies
Innovus Technology Transfer Office (TTO)
Die Afdeling vir Innovasie en Kommersialisering het die alleenmandaat van die US om, in oorleg met betrokke fakulteite en PASS-omgewings, alle sakegeleenthede van die US, insluitend die gebruik van fasiliteite, te bestuur en te kommersialiseer.
Hierdie afdeling funksioneer in ooreenstemming met US-beleide en -regulasies en is ook die instansie se beskermer van die volgende:
- Beleid met betrekking tot die Beskerming en Kommersialisering van Intellektuele Eiendom aan die Universiteit Stellenbosch (PCIPP)
- Beleid met betrekking tot die aanbieding van kortkursusse aan die Universiteit Stellenbosch;
- Beleid met betrekking tot die gebruik en lisensiëring van die Universiteit Stellenbosch se handelsmerke;
- Korttermyn verhuringsbeleid;
- Innovus-regulasies vir die interne innoveringsfonds (R777)
- Regulasies vir kommersialisering aan die US
- Langertermyn verhuringsbeleid
- Mobiliteitsplan
Ontmoet die span
Innovasie en Kommersialisering
Tegnologie-oordrag
US LaunchLab
SUNCOM
SUNCOM
Stellenbosch Network