Daar bestaan verskillende definisies vir entrepreneurskap, maar in wese is dit om jou eie toekoms te vorm deur die sprong te neem om jou eie nuwe besigheid of sakeonderneming te begin.
Dit behels die ontwikkeling en bestuur van jou besigheid om wins te maak, maar terselfdertyd die neem van verskeie risiko’s. Entrepreneurskap speel ’n belangrike rol in ekonomiese ontwikkeling en die Universiteit Stellenbosch speel ’n sleutelrol in die moontlikmaking en ondersteuning van sowel die praktiese as die opvoedkundige aspekte van entrepreneurskap.
Om meer te wete te kom oor entrepreneurskap by Innovus, besoek US LaunchLab.