Skip to main content

Vir US-studente en -navorsers

Is jy ’n US-personeellid of -student met ’n innovering of sake-idee gebaseer op jou werk of studies aan die Universiteit Stellenbosch? Het jy navorsingsuitsette wat ’n positiewe impak op die samelewing kan hê?

Is jy ’n US-personeellid of -student met ’n innovering of sake-idee gebaseer op jou werk of studies aan die Universiteit Stellenbosch? Het jy navorsingsuitsette wat ’n positiewe impak op die samelewing kan hê?

Kontak Innovus voordat jy die inligting publiseer of bekendmaak aan enigiemand buite die universiteit. Innovus is die universiteit se afdeling wat gemoeid is met innovasie en kommersialisering. Ons het ’n span wat toegewyd is daaraan om jou te help om jou navorsingsuitsette, innoverings en sake-idees in produkte, dienste of selfs afwentelmaatskappye te omskep.

Indien jy meer wil uitvind oor hoe Innovus se tegnologie-oordragspan jou kan help, of indien jy ’n innovering of sake-idee met kommersiële potensiaal het, skeduleer ’n afspraak met een van ons vriendelike spanlede.

Ons wil graag meer leer oor jou navorsing, innovering of sake-idee.

By Innovus het ons die kundigheid en hulpbronne om te help met die effektiewe beskerming en kommersialisering van jou idee. Ons prosesse is ontwerp om die uitvoerbaarheid van jou idee te bepaal, aanvanklike marknavorsing uit te voer, te besluit oor die mees geskikte meganisme van beskerming en om industrieleiers te vind wat relevant is tot jou tegnologie.

Nadat beskerming aangevra is, is die lisensiëring van die innovering aan ’n gepaste vennoot een manier om kommersialisering te bewerkstellig. Ons sal jou help om ’n lewensvatbare vennoot en potensiële befondsing te vind, asook om die bepalings en voorwaardes van kommersiële ooreenkomste namens die universiteit te onderhandel. As uitvinder of skepper kan jy in aanmerking kom vir uitvinder-aansporingsbetalings in die vorm van tantième van lisensiehouers van die tegnologie. Meer besonderhede hieroor is uiteengesit in die universiteit se intellektuele eiendomsbeleid.

Nog ’n roete tot kommersialisering is die stigting van ’n afwentelmaatskappy. Innovus kan jou help met die proses om ’n nuwe afwentelmaatskappy te begin.