Skip to main content

Geleenthede vir befondsing en belegging

Die tegnologie-oordragproses behels ’n reis van innovering tot by die mark. Dit is die proses waartydens wetenskaplike bevindinge van navorsingsinstansies en universiteite met die hulp van die privaatsektor omskep word in bemarkbare produkte.

Basiese navorsingsresultate waarop tegnologiese ontwikkelings gebaseer is, vereis verdere ontwikkeling om ekonomies relevant en nuttig vir die industrie en die algemene publiek te wees.

Hierdie proses vereis gewoonlik aansienlike befondsing en ’n langtermynverbintenis van beleggers.

Die oordragproses kan die stigting van nuwe maatskappye (afwentelmaatskappye/loodsondernemings) behels, asook verskeie vorme van samewerking tussen universiteite, navorsingsorganisasies, bedryfsvennote en gespesialiseerde tegnologie oordragfondse. Dit word bewerkstellig deur navorsingskontrakte, lisensiëring of verkoop van intellektuele eiendom.

In Suid-Afrika word die kommersialisering van staatsbefondsde navorsing gereguleer deur die Wet op Intellektuele Eiendomsreg wat die stigting van die TTO verpligtend gemaak het. Innovus is die gevestigde TTO van die Universiteit Stellenbosch.

Die TTO is voortdurend op soek na befondsing vir projekte, tegnologie-ontwikkeling of belegging in loodsondernemings.

Ontwikkelingsbefondsing word tipies benodig vir:

  • Aanvanklike toets van konsep
  • Ontwikkeling van produk, proses (omvattende tegnologiepakket) en prototipe
  • Inwin van intellektuele eiendom-opinies of regsmenings
  • Vervaardiging van markmonsters en/of gepaardgaande toetsing, ontwikkeling van analitiese data, metodes en spesifikasieblad
  • Verfyning en implementering van ontwerpe
  • Uitvoer van proefstudies
  • Loodstoetsing, uitbreiding en tegno-ekonomiese evaluering
  • Gedetailleerde primêre marknavorsing of spesialiskonsultasie
  • Ontwikkeling van ’n besigheidsplan
  • Aankoop van projekspesifieke toerusting alleenlik, tot R30 000 in waarde, mits die Hoofdirekteur van Innovus dit goedgekeur het op grond van die motivering wat deur die projekleier verskaf is.
  • Vergoeding van studente en tegnici as tegniese assistente.

Kapitaalinsameling van beleggers

Die TTO fasiliteer ook en soek aktief na fondsinsamelingsgeleenthede in die vorm van waagkapitaal, eienaarsbelang en soortgelyke alternatiewe beleggingsfondse.

Kontak ons ​​vandag om meer te wete te kom oor beleggingsgeleenthede