Skip to main content
LtR Gary Muizenheimer Rory Lambson Monique Marais Jeraldene Menon Hein Swanepoel Bruce von Pressentin.jpg
Image by: Xavier Alexander
Persverklaring

Bekroonde Black Sheep Coffee company word nuwe bedryfsvennoot van Maties Coffee Hub

Rentia Smal
17 Julie 2026
  • Factory 209 verwelkom met trots Black Sheep Coffee Company, in samewerking met Genesis Coffee and Dining, as die nuwe bedryfsvennoot van Maties Coffee Hub in die Neelsie-studentesentrum.

Black Sheep Coffee Company, gestig deur die opgeleide sjef Rory Lambson, het gegroei van ’n klein spesialiteitskoffiebrander tot ’n gevestigde gasvryheidsonderneming bekend vir gehalte, vakmanskap en kliëntediens.

Black Sheep Coffee Company verkry sy koffiebone uit wêreldbekende koffieproduserende streke en het erkenning ontvang in Suid-Afrika se enigste nasionale koffiebrandkompetisie, A Shot In The Dark. Die maatskappy is as derde algeheel en beste in die enkel-oorsprong-brandkategorie in 2021 aangewys. In dieselfde jaar is dit ook benoem as een van slegs agt koffiebranderye in Suid-Afrika vir die titel Roastery of the Year. Black Sheep Coffee Company het weer in 2025 die eerste plek in die enkel-oorsprong-ronde van A Shot In The Dark behaal.

Sedert Bruce von Pressentin en Rory Lambson in 2024 saam hul onderneming begin bedryf het, het hulle hul kulinêre kundigheid gekombineer met ’n passie vir spesialiteitskoffie. Die resultaat is ’n gerespekteerde handelsmerk wat gebou is op kundig gebrande enkel-oorsprong-koffie en gemaklike kafee-omgewings. 

Die twee het hul teenwoordigheid op die Universiteit Stellenbosch-kampus verder uitgebrei met die opening van Genesis Café in die Teologiegebou. Die kafee het vinnig ontwikkel tot ’n gewilde ontmoetingsplek vir studente, personeel en besoekers en weerspieël hul verbintenis tot uitstekende koffie en hartlike gasvryheid.

Black Sheep Coffee Company is ook die amptelike brander van die Maties Coffee-handelsmerk en voorsien die koffiebone wat by Maties Coffee Hub bedien word. Maties Coffee-bone is by die koffiewinkel beskikbaar in ten volle herwinbare verpakking wat ontwerp is om varsheid te behou terwyl dit meer volhoubare verbruikerskeuses ondersteun. 

Die onderneming gebruik verder die enigste tuiskomposteerbare, volledig bioafbreekbare koffiebeker op die mark, wat met soja- en watergebaseerde ink op volhoubaar verkrygde papier gedruk word. Elke koppie koffie wat by Maties Coffee Hub bedien word, is dus nie net goed vir die verbruiker nie, maar ook vir die omgewing.

“Die Universiteit van Stellenbosch het ’n belangrike deel van ons besigheidsreis geword,” sê Bruce von Pressentin en Rory Lambson. “Van die bekendstelling van Genesis Café tot ons vennootskap met die Maties Coffee-handelsmerk, het ons dit geniet om verhoudings met die kampusgemeenskap te bou. Ons sien daarna uit om daardie reis by Maties Coffee Hub voort te sit en ’n ruimte te skep waar studente, personeel, alumni en besoekers oor uitstekende koffie en opregte gasvryheid kan ontmoet.”

Hoewel die bedryfsvennoot verander het, bly Maties Coffee Hub ’n verwelkomende ruimte in die hart van kampus. Factory 209 sien daarna uit om saam met Bruce, Rory en die span van Black Sheep Coffee Company op die sukses van Maties Coffee Hub voort te bou en tot die dinamiese kampuservaring wat die koffiewinkel ’n gewaardeerde deel van die Universiteit van Stellenbosch-gemeenskap gemaak het, by te dra.

Meer oor Maties Coffee Hub

Maties Coffee Hub is geleë in die Neelsie-studentesentrum op Universiteit Stellenbosch se Stellenbosch-kampus. Die koffiewinkel dien as ’n dinamiese ontmoetingsplek vir studente, personeel, alumni en besoekers, en bied gehalte-koffie, ligte etes en verversings in die hart van die kampus. Volg Maties Coffee Hub op Facebook en Instagram.

Bedryfsure

Maandag tot Vrydag: 08:00 – 16:30 (Winter)

Algemene navrae
E-pos: [email protected]

Medianavrae
Rentia Smal - [email protected]

Forever, Napakhade, Vir Altyd.
FORWARD TOGETHER | SONKE SIYA PHAMBILI | SAAM VORENTOE

 

- EINDE -

Verwante stories