Skip to main content
e-waste at Stellenbosch University

E-waste drive at Stellenbosch University

Persverklaring

Ondersteun Globale Herwinningsdag: Bring jou e-afval en gooi dit in een van die geel asblikke op verskeie plekke op ons kampusse.

Petro Mostert
10 Maart 2026
  • Ondersteun Globale Herwinningsdag: Bring jou e-afval en gooi dit in een van die geel asblikke op verskeie plekke op ons kampusse.

Om bewustheid te skep oor Globale Herwinningsdag op 18 Maart 2026, moedig die Afdeling Kampusontwikkeling, Infrasturktuur en Dienste van Stellenbosch Universiteit weer alle personeel en studente aan om hul elektroniese afval of e-afval kampus toe te bring, waar hulle dit kan aflaai by verskeie plekke op ons kampusse tussen 11 en 18 Maart.

Kyk uit vir die geel e-afval vullisdromme op die Rooiplein en by nog 'n paar areas op ons kampusse. Bring al jou ongewenste, foutiewe en gebruikte elektriese en elektroniese toerusting en onderdele wat jy nie meer gebruik nie. Jy kan ook jou ou batterye, stukkende laaikabels, e-sigarette en enige toestel wat nie ’n US-batenommer het nie – selfs toerusting uit jou eie huis, saambring.

Bring jou e-afval hiernatoe:

11 Maart vanaf 12:00 – 14:00 Tygerberg Kampus: Opvoedkunde-gebou portaal naby MyBrew

12 Maart vanaf 12:00 – 14:00 Tygerberg Kampus: TSS stoep area

12:00 -14:00 Bellville Park Kampus: Hoofgebou, area tussen Geelhout en 

Marula lesinglokale.

13 Maart vanaf 12:00 14:00 Stellenbosch Kampus: buite Maties Gym op Coetzenburg

16 Maart vanaf 12:00 – 14:00 Stellenbosch Kampus: Rooiplein in samewerking met Stellenbosch Munisipaliteit

17 Maart vanaf12:00 – 12:00 Stellenbosch Kampus: Rooiplein in samewerking met Stellenbosch Munisipaliteit

18 Maart vanaf 12:00 – 14:00 Stellenbosch Kampus: grasarea tussen IT en Launchlab, Hammandshandweg

Maak asseblief seker dat jy al jou data van jou toestel se hardeskyf afvee voordat jy jou elektroniese toestelle herwin.

Wees verantwoordelike verbruikers en doen jou deel om geen afval meer na stortingsterreine te stuur om so 'n gesonder omgewing te skep.

 

Vir verdere navrae

Christine Groenewald

[email protected]

M 084 270 4489

Verwante stories