Breadcrumb
Bedryf en Finansies
Prof Nicola Smit Waarnemende Uitvoerende Bedryfshoof
Bedryf en finansies lewer 'n wêreldklasomgewing; 'n plek wat met die wêreld verbind is
Die Universiteit Stellenbosch (US) is een van die wêreld se top instansies wat leer, onderrig en navorsing met ‘n groot sosiale impak lewer. Hierdie akademiese prestasies vind plaas op die Universiteit se vyf beeldskone kampusse, gekenmerk deur indrukwekkende infrastruktuur, omgewingsvriendelike bedryfspraktyke, volhoubare finansiële beplanning, die voorste tegnologiese en kommunikasiestelsels, as ook uitstekende sport- en ontspanningsfasiliteite.
Bedryfsuitnemendheid is die leiende tema vir die Verantwoordelikheidsentrum (VS) van Bedryf en Finansies en is verbind daartoe om Stellenbosch Universiteit se strategie te verwesenlik. Ons volg ‘n denkpatroon van voortdurende verbetering wat ons nog meer bewus maak en laat fokus op nuwe geleentehede om tekortkominge in ons uitgebreide aktiwiteitsportfolio die hoof te bied.
Die VS, bestaande uit Finansies, Fasiliteitsbestuur, Informasietegnologie, Innovus en Maties Sport, se fokus is die meedoënlose strewe na doeltreffendheid aan die een kant en die kweek van ‘n entrepreneurskap-kul-
tuur en verbetering aan die ander kant.
Ons hooftaak is om ‘n wêreldklasomgewing te lewer; ‘n plek wat aan die wêreld verbind is. Ons wil hierdie strategiese strewe bereik met ‘n goed-toegeruste personeelkorps, deur goeie bestuur en deur doeltreffende netwerke en vennoootskappe in stand te hou.
Prof Nicola Smit
Topstories
Ontdek stories oor ons strewe na impakvolle oplossings, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
Persverklaring
Van intern tot kurator: Annerie Senekal word eerste vrou om die Universiteit Stellenbosch Botaniese Tuin te lei
Vir baie besoekers is die tuin 'n plek van rustigheid wat 'n welkome blaaskans bied van die gejaag van die dorp. Die Botaniese Tuin is egter veel meer as net 'n...
Persverklaring
Dalk moet ons almal net speel
’n Unieke doktorsgraad aan die Universiteite van Stellenbosch en Coventry ondersoek hoe storievertelling, verbeelding en tafelblad-rolspeletjies leer kan...
Persverklaring
Staptog vir maatskaplike geregtigheid gedenk 50 jaar sedert Soweto-opstand
Meer as 200 studente, personeel, gemeenskapslede, regeringsamptenare en vennote het aan die Universiteit Stellenbosch se 5de jaarlikse #Action4Inclusion sosiale...