Die Universiteit Stellenbosch (US) se Innovasie- en Kommersialiseringsafdeling, ook bekend as Innovus, is bly om twee nuwe spanlede aan te kondig wat in Oktober 2025 aangesluit het. Saberi Marais het aangesluit as 'n Tegnologie-oordragspesialis vir die Tegnologie-oordragkantoor (TTO) en Mihlali Gotyana as 'n Kommunikasiespesialis vir die Afdeling.