Twee wetenskaplikes van die Universiteit Stellenbosch (US) is as lede van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Jong Wetenskaplikes (SAYAS) ingehuldig. Drs Phila Msimang en Noreth Muller-Kluits tel onder tien nuwe lede wat tydens die jaarlikse Toekenningseremonie verwelkom is. SAYAS het ten doel om die sigbaarheid en impak van jong wetenskaplikes in Suid-Afrika te bevorder.