Die Universiteit Stellenbosch (US) het die afgelope twee dekades bestendig gevorder om 'n omgewing te skep waar studente met gestremdhede ingesluit en ondersteun voel. Die Universiteit se Eenheid vir Gestremdhede (EG), wat in 2007 gestig is, staan sentraal in hierdie reis.