Suid-Afrika vier elke jaar op 27 April Vryheidsdag ter herdenking van die land se eerste demokratiese verkiesings in 1994 – 'n bepalende oomblik wat steeds sy grondwetlike orde vorm. Denkleiers verbonde aan die Universiteit Stellenbosch (US) besin teen hierdie agtergrond oor die stand van demokrasie aan die hand van 'n reeks onderhoude met sommige van ons akademici wie se werk met vrae oor bestuur, regte en aanspreeklikheid omgaan.