Skip to main content

Kampioenruiter verwerf graad terwyl sy wêreldbeker-arena's oorwin

Amy Michau bewys onmoontlike doelwitte ís haalbaar. Elite-perdespringer: drie seges in Wêreldbekerkwalifiseerders van die FEI en Suid-Afrikaanse kleure in 2025. Gradueer by die Universiteit Stellenbosch met ʼn BSc (Agric) in Veekunde.

Briljante wiskunde-presteerder met US se gesogte Kanseliermedalje vereer

Kerry Porrill met die Universiteit Stellenbosch se hoogste eerbewys bekroon – die Kanseliersmedalje (2025). Die Kanseliersmedalje is vir die eerste keer in 1961 ingestel. Porrill is 'n gegradueerde van die Afdeling Wiskunde binne die Fakulteit Natuurwetenskappe en het vandeesweek met 'n BSc-honneursgraad in wiskunde gegradueer.

US ken graad aan een van jongste dokters in SA toe

Die 21-jarige David Obagbuwa sal op 11 Desember een van die jongste dokters word om in Suid-Afrika te kwalifiseer wanneer ʼn MBChB-graad van die Universiteit Stellenbosch aan hom toegeken word. Obagbuwa het sy mediese studies op die bloedjong ouderdom van 15 begin.

Driedubbele graadvang sukses vir Pietersen-drieling

Vandeesweek se gradeplegtighede maak dit drie in ’n ry vir ’n Stellenbosse drieling met al drie wat nou met vlieënde vaandels aan die SU gegradueer het. Kirsten, Liam en Ivan Pietersen het elkeen akademies in drie uiteenlopende vakgebiede uitgeblink. Hulle ma, Christine – wat alombekend is op kampus deur haar werk by Neelsie Eiendomme – besin oor die grootmaak van ’n drieling wat "altyd opgedaag het".

US verleen eredoktorsgraad aan befaamde entrepreneur, kampvegter vir sosiale geregtigheid

Chris Otto is deur die Universiteit Stellenbosch met ʼn eredoktorsgraad vereer. Hy is vereer vir sy visionêre leierskap, entrepreneursgees en verbintenis tot sosiale geregtigheid. Hy lewer ʼn bydrae tot positiewe verandering in Suid-Afrika.

Voormalige Paralimpiese gouemedaljewenner ontvang meestersgraad

Dyan Buis verwerf meestersgraad in opvoedingsbeleidstudie. Sy jongste prestasie is ʼn bewys van sy ingesteldheid van aanhouer wen. Hy help bevorder sosiale geregtigheid en billike onderwysgeleenthede.

Pandemie lei tot transformerende akademiese reis vir dr Joy Petersen

Joy Petersen se doktorale navorsing lê bloot hoe eerstegenerasie-studente agentskap en intellektuele deugde te midde van die ontwrigtings van Covid-19 ontwikkel het. Haar studie werp lig op die transformerende krag van humaniserende pedagogieë en etiese sorg in residensiële onderwys. Die pandemie het 'n diepgaande plek van wording geword – vir Petersen en vir die studente wie se stories haar werk anker.

US vereer internasionaal erkende kenner van rampbestuur en -reaksie

Colin Deiner het ʼn eredoktorsgraad ontvang. Hy is vereer vir sy onwrikbare toewyding aan die redding van lewens. Hy help bevorder rampbestuur en -reaksiedienste.

Terugslae is ompaaie, nie doodloopstrate nie, vir US-gegradueerde Haajir September 

Die Covid-19-pandemie het Haajir September van 'n onvergeetlike matriekjaar beroof. Haajir, wat haar BEd-graad (grondslagfase) ontvang het, is maar al te bekend met teenspoed. Sy beplan om voort te bou op die grondslag wat sy gelê het, hetsy deur verder te studeer of deur haar professionele loopbaan af te skop.

Megan Hartnick omskep teenspoed in prestasie

Eerstegenerasie-gegradueerde styg bo verlies en finansiële probleme uit om haar NOS cum laude te verwerf. Taal, geloof en gemeenskapsondersteuning rig haar pad na onderwys. Hartnick hoop haar storie sal toekomstige studente inspireer om hulle gawes te vertrou en te volhard.
Subscribe to