Skip to main content

Van een oorlog na 'n ander: SU bied gesprek aan oor vlugtelinge en migrante

Die US se Afdeling vir Gesondheidstelsels en Openbare Gesondheid en die Instituut vir Lewensloop Gesondheidsnavorsing, in samewerking met vennote aan die Universiteit van Kaapstad, die Universiteit van Wes-Kaapland en Wits, het verlede week (19 Junie) 'n simposium met die titel "Toon moed en solidariteit met vlugtelinge en migrante in Suid-Afrika" by die Tygerberg-kampus aangebied. Die geleentheid, wat op die vooraand van Wêreldvlugtelingdag (20 Junie) gehou is, het navorsers, burgerlike organisasies en asielsoekers bymekaar gebring om die uitdagings wat vlugtelinge en migrante in die gesig staar, te bespreek. Besprekings het ook op verkeerde inligting oor waarom mense hulle land verlaat, gefokus.

Reshard se reis van Stellenbosch na Yale

Eers musiek, toe die regte. Ontvanger van die Rektorstoekenning vir die beste LLM-tesis. ’n Diepe waardering vir die waarde van saamleef en saamleer met mense van uiteenlopende agtergronde.

Suid-Afrika kort die moeder van alle in(ter)vensies

Internasionale Dag vir Vroue in Ingenieurswese is op 23 Junie gevier. Prof Sara Grobbelaar van die Departement Bedryfsingenieurswese het ʼn meningsartikel geskryf. Suid-Afrika benodig ʼn stelsel- en lewensiklusgebaseerde benadering tot ontwikkeling.

Nuwe Studentedekaan gesels oor die bou van 'n gevoel van behoort by die US

Dr Leslie van Rooi is as Studentedekaan lid van die Rektor en Visekanselier se bestuurspan en bied strategiese leierskap vir studentelewe, -welstand en -leierskapsontwikkeling en die algehele studente-ervaring. Van Rooi het amptelik op 1 Mei die rol van Studentedekaan aanvaar nadat hy die afgelope 17 maande in 'n waarnemende hoedanigheid gedien het. Die idee dat studentesukses nie net deur akademiese deursette gemeet kan word nie, staan sentraal in Van Rooi se filosofie.

Fama se missie: Ruimtetegnologie vir Afrika se grootste uitdagings

’n Lugvaartingenieur, hommeltuigvlieënier en aspirant ruimtevaarder wat fokus op ruimte- en klimaatinnovasie. Sy is mede-stigter van Hisia Space, ‘n klimaattegnologie- en georuimtelike intelligensie-maatskappy. Haar tyd by die US was 'n tydperk van persoonlike groei, leierskapontwikkeling en leer hoe om navorsing met werklike impak te verbind.

Wêreldvlugtelingdag: Toon solidariteit met vlugtelinge in Suid-Afrika

Wêreldvlugtelingdag is op 20 Junie herdenk. Kenners aan die Universiteit Stellenbosch was medeskrywers van ʼn meningsartikel. Baie Suid-Afrikaners, die burgerlike samelewing en geloofsgroepe toon steeds uit solidariteit met vlugtelinge en asielsoekers.

US se Beleidsinnovasielaboratorium help om die Parlement vir KI toe te rus

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Beleidsinnovasielaboratorium onlangs KI-opleiding vir meer as 200 parlementslede (LP's) aangebied. Namate kunsmatige intelligensie toenemend in openbare administrasie, dienslewering en besluitnemingsprosesse ingebed raak, word die Parlement se vermoë om hierdie tegnologieë te ondersoek en te verstaan al hoe belangriker. Die opleidingsprogram is ontwerp om LP's 'n breë begrip van die geleenthede wat kunsmatige intelligensie bied én die uitdagings wat dit inhou, te gee.

US weer een van die top universiteite in die wêreld

US weer onder die top 300 universiteite op jongste QS-wêreldranglys vir universiteite. US beklee die derde plek in Suid-Afrika (en in Afrika). US het sy algehele telling te verbeter; is ook die voorste universiteit in aanhalings per fakulteit in Suid-Afrika.

US en TUT snoer kragte saam om SA se toekomstige navorsingsleiers te ontwikkel

Die Universiteit Stellenbosch (US) en die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het 'n nuwe vennootskap geformaliseer wat daarop gemik is om die volgende geslag navorsers te ontwikkel. Die samewerkingsooreenkoms, wat deur die twee instellings se navorsingsleierskapspanne onderteken is, is 'n belangrike stap in die versterking van navorsingskapasiteit. Die universiteite het hulle daartoe verbind om die eerste oproep om aansoeke binne drie maande ná die ondertekening van die ooreenkoms te uit te stuur.

By administrasie verby: tyd om NSFAS soos ons dit ken te herstruktureer

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) het steeds probleme. NSFAS het ’n volledige herstrukturering nodig. Die toekoms van hoëronderwysfinansiering en universiteite se volhoubaarheid is op die spel.
Subscribe to