Net dae nadat die Universiteit Stellenbosch (US) Wêreldbewegingsversteuringsdag met ’n kitsskare vir bewustheid oor Parkinson se siekte by die Neelsie Studentesentrum gevier het, het een van die Universiteit se mees gevierde musikante ’n diep persoonlike blik op haar lewe met ’n bewegingsversteuring aangebied. Concerto kombineer huidige beeldmateriaal met uittreksels uit die argiewe van die virtuoos in haar fleur om te wys hoe Schumann hernude sin vind te midde van verwoestende verlies. Ten spyte van die aanpassings, geniet Schumann steeds ’n vol skedule van klasgee en uitvoerings.