Breadcrumb
Phagoflux (Edms) Bpk
Phagoflux (Edms) Bpk
Phagoflux beoog om ’n impak op die gesondheidswetenskap-, diagnostiek- en welstandsektor te hê deur toonaangewende sensortegnologie vir die monitering van outofagiese aktiwiteit te verskaf. Outofagie (letterlik “self-eet”) is die intrasellulêre afbreek van massa, wat dui op die sel se selfreinigende aktiwiteit. Soortgelyk aan ’n motor wat gereelde diens benodig, of ’n huishouding wat skoongemaak moet word, moet selle hulself skoonmaak, anders bou giftige materiaal op. Dit lei tot die aanvang van siektes soos Alzheimer se siekte. Diabetes en kanker is ook siektes wat gekenmerk word deur outofagiese disfunksie. Die meting van outofagiese aktiwiteit is egter baie uitdagend.
Phagoflux poog om oplossings te bied vir die kwantifisering en monitering van outofagie vir toepassing in die navorsings- en farmaseutiese/geneesmiddel-siftingsbedryf, die diagnostiek (Alzheimer se siekte en neurodegenerasie), en die welstand-arena .
Besoek gerus hul webwerf hier.
