Breadcrumb
Nanosene (Edms) Bpk
Nanosene (Edms) Bpk
Nanosene is die eerste pasgemaakte polimeerverskaffer in Afrika en skep volhoubare navorsingsoplossings regoor die wêreld. By Nanosene ontwerp en verskaf ons polimere wat bedoel is vir die navorsing van membraanproteïene.
Vir navorsers en medisyne-ontwikkelaars om nuwe terapeutiese middels te skep en te ontdek om siektes soos vetsug, depressie of selfs kanker te behandel, moet hulle proteïene wat in die selmembraan ingebed is, kan bestudeer en verstaan. Hierdie membraanproteïene (MP’s) speel ’n belangrike rol in die regulering van fisiologiese prosesse, daarom word hulle as primêre terapeutiese teikens vir byna 70% van FDA-goedgekeurde medisyne beskou. Die effektiewe isolasie van MP’s kan omslagtig wees, wat die ontwerp van effektiewe terapeutiese middels vir siektes belemmer.
Nanosene se tegnologie produseer polimere wat as onontbeerlike toerusting dien vir die oplosbaarheid van volledig intakte en funksionele MP’s in nanoskaalskyfies. Hierdie nanoskyftegnologie bied aan navorsers die ongekende geleentheid om toegang te verkry tot sommige van die mees waardevolle proteïene in ’n biologies aktiewe toestand, wat in sommige gevalle ’n dekade gelede nog ’n onmoontlike taak was.
Nanosene webwerf: www.nanosene.com