Breadcrumb
Immobazyme (Edms) Bpk
Immobazyme (Edms) Bpk
Immobazyme is gestig as ’n trots-Suid-Afrikaanse maatskappy met die doel om baanbrekerswerk in die biotegnologiebedryf te doen. Deur die gebruik van innoverende tegnologieë, tesame met ’n omgewingsverantwoordelike uitkyk, is Immobazyme verbind tot die volhoubare groei van wetenskaplike navorsing en ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse konteks. Met die gebruik van die nuwe ensiem-immobilisasietegnologie, PepTrap™, onder die onmiddellike toeganglisensie van die Universiteit Stellenbosch, beoog ons maatskappy om ’n analitiese laboratoriumplatform te ontwikkel, en om die industriële sektor te bedien deur die vervaardiging van waardevolle produkte deur middel van organiese sintese en omgewingsverbeterende tegnologieë.
Klik om meer te lees: https://www.immobazyme.com
