Skip to main content

GeoSUN Africa (Edms) Bpk

z

GeoSUN Africa (Edms) Bpk

GeoSUN Africa is in 2012 gestig en is ’n afwentelmaatskappy van die Sentrum vir Hernubare en Volhoubare Energiestudies (CRSES) aan die Universiteit Stellenbosch. GeoSUN Africa bied ’n verskeidenheid dienste met betrekking tot die sonenergiebedryf, insluitend ondersteunende dienste aan sonkragontwikkelaars van groot sonkrag- (PV, CPV en CSP) aanlegte en dak- of losstaande PV-installasies.

Terwyl GeoSUN Africa steeds deel is van CRSES, het hulle ’n noue werksverhouding gesmee met GeoModel Solar (gebaseer in Slowakye), die eienaar van die SolarGIS-satelliet-afgeleide sonkragdatabasis. Die samewerking het uiteindelik gelei tot GeoSUN Africa se huidige formele verhouding met GeoModel Solar in die vorm van ’n eksklusiwiteitsooreenkoms.

’n Noue werksverhouding word ook gehandhaaf met CS Africa, die agent vir Kipp&Zonen en Campbell Scientific-produkte in verskeie Afrikalande. Om akkurate sonbestralingsmetings vas te stel en te handhaaf, werk GeoSUN Africa in vennootskap met die Sontermiese Energie-navorsingsgroep (STERG) aan die Universiteit Stellenbosch, die Volhoubare Energie-navorsingsgroep (SERG) aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN) in Durban en die Sentrum vir Energienavorsing (CER) aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) in Gqeberha.


Dienste

GeoSUN Afrika bied die volgende dienste en produkte aan:

  • Studies oor terreinkeuse
  • Verskaffing van satelliet-afgeleide data-tydreekse (SolarGIS)
  • Sonkragmetings ter plaatse (dit sluit in die spesifikasie, verkryging, installering, monitering en instandhouding van hierdie stasies, asook gereelde aflaai van data, kwaliteitskontroles en argivering)
  • Bankbare sonkrag-hulpbronverslae
  • Bankbare generasie voorspellingsverslae
  • Bankbare sonkragdata vir operasionele sonkragaanlegte
  • Sonkragkaarte (dit sluit GIS vir Google Earth-lae in)

Alle satelliet-afgeleide data-verwante dienste/produkte word in samewerking met GeoModel Solar verskaf.

Kontakpersoon: Riaan Meyer

http://geosun.co.za

Watch GeoSUN Africa Pty Ltd a spin-off company of University of Stellenbosch Enterprises. on YouTube.