Breadcrumb
Die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC)
Die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC)
Die Stellenbosch Nanofiber Company (SNC) is in November 2011 gestig en fokus op die kommersialisering en verdere ontwikkeling van verskeie nanoveseltegnologieë wat by die Universiteit Stellenbosch ontwikkel is. Hierdie tegnologieë sluit twee prosesse in vir die hoë-deurset elektrospin van polimeriese nanovesels, en ’n proses vir die maak van onafgebroke nanoveseldrade. Die nanoveselmateriale wat met behulp van hierdie prosesse vervaardig word, het uiteenlopende toepassingsvelde, insluitend hoë werkverrigting-filtrasie van vloeistowwe en gasse, biomediese materiale (insluitend wondbedekkings, materiale vir die lewering van geneesmiddels en stellasies vir selkultuur en weefselingenieurswese), energie (insluitend elektrodes met ’n hoë oppervlakarea vir volgende-generasie batterye en brandstofselle, batteryskeidingsmembrane en superkapasitors) en liggewig saamgestelde materiale (bv. vir motor- en lugruimtoepassings).
Kontakpersoon: Eugene Smit
Klik hier om ’n Silicon Cape-praatjie af te laai