Breadcrumb
CubeSpace (Edms) Bpk
CubeSpace (Edms) Bpk
CubeSpace se kultuur word gedefinieer deur die passie wat idees laat oorgaan tot aksie. Ons probeer om ons passie vir innovering, ruimte en beheerstelsels ’n integrale deel te maak van alles wat ons doen. Ons ontwerp, bou, toets en ondersteun innoverende, hoë-kwaliteit, miniatuur satellietkomponente, met ’n sterk fokus op beheerstelsels.
Ons sien onsself as vennote eerder as verskaffers, en is trots op ons uitmuntende vakmanskap, buigsaamheid en aanpasbaarheid ten opsigte van ons aanbiedinge en ons goeie kliëntediens. Ons glo dat ons bydra tot ’n bedryf wat die deur na die ruimte oopmaak vir alle jong ingenieurs en wetenskaplikes, en ons streef daarna om dit te doen deur gebruikersvriendelike, robuuste, intuïtiewe en betroubare produkte te verskaf.
In die proses streef ons daarna om beduidend by te dra tot die tegnologiese vooruitgang van die mensdom. Ons sleutelvennote is die Universiteit Stellenbosch (US), Innovus en die LaunchLab. Deel van ons missie is om terug te gee aan die US deur die bedryf in Suid-Afrika te stimuleer en deur werksgeleenthede vir jong ingenieurs in ’n hoëtegnologie-omgewing soos die satellietbedryf te bied.
Cubespace webwerf: https://cubespace.co.za/
Media
