Breadcrumb
BanziFeet (Edms) Bpk
BanziFeet (Edms) Bpk
Kinders wat oorwegend kaalvoet loop, het ander behoeftes ten opsigte van skoene as kinders wat meer gereeld skoene dra. Skole het baie spesifieke vereistes vir skoene, maar die skoene wat in winkels beskikbaar is, voorsien nie in die unieke behoeftes van kinders wat oorwegend kaalvoet loop nie. Die dra van skoene wat nie in hierdie behoeftes voorsien nie, kan die ontwikkeling van die pediatriese voet negatief beïnvloed. Banzifeet is ’n ontwerper van spesiale skoolskoene vir Suid-Afrikaanse kinders wat oorwegend kaalvoet loop.