Skip to main content

AI Coaching (Edms) Bpk

1

AI Coaching (Edms) Bpk

AI Coaching is ’n afwentelmaatskappy van die Universiteit Stellenbosch. Die maatskappy se visie is om afrigting te demokratiseer deur kletsbotte vir afrigting te ontwikkel wat koste-effektiewe en skaalbare afrigtingsoplossings moontlik maak.

Die kletsbotte is gebaseer op navorsing wat by die Stellenbosch Bestuurskoolskool (USB) gedoen is onder leiding van dr Nicky Terblanche, die hoof van die MPhil in Bestuursafrigting-program.

Huidige produkaanbod – Coach Vici die doelwitbereikings-kletsbot

AI Coaching het Coach Vici in 2021 bekendgestel as hul eerste kommersieel beskikbare afrigtingskletsbot. Coach Vici help maatskappye om werknemers en hul organisasie se prestasie te verbeter.

Navorsing toon dat mense sukkel om belangrike doelwitte te identifiseer en dat daar dikwels ’n gebrek is aan ’n gestruktureerde benadering tot die stel en bereiking van doelwitte wanneer hulle geïdentifiseer is. Onsekerheid oor of hulle fokus op wat noodsaaklik is en ’n onvermoë om haalbare doelwitte te stel, lei tot gedemotiveerde, onbetrokke werknemers wat nie hul volle potensiaal bereik nie.

Afrigting in maatskappye word gewoonlik vir die senior bestuur gereserveer as gevolg van die koste daaraan verbonde. Coach Vici is ’n koste-effektiewe en skaalbare manier vir maatskappye om afrigting vir doelwitbereiking toeganklik te maak vir al hul werknemers.

Coach Vici is gebaseer op navorsing wat by die USB gedoen is en is spesifiek ontwikkel om te help met doelwitbereiking. Die doeltreffendheid van Coach Vici is getoets deur navorsing wat deur die universiteit gedoen is. Dit het getoon dat Coach Vici net so effektief soos menslike afrigters is wanneer dit kom by doelwitbereiking.

Coach Vici is beskikbaar as ’n “white label”-oplossing vir maatskappye en afrigtingsplatforms. Boonop kan Coach Vici naatloos oorgee aan ’n menslike afrigter, hetsy iemand van ’n interne paneel of een van AI Coaching se professionele bestuursafrigters.

Laai gerus die inligting by hierdie skakel af indien u belangstel in Coach Vici, of kontak Nicky Terblanche per e-pos by [email protected].

Toekomstige produkte

AI Coaching ontwikkel Coach Vici voortdurend om te verseker dat dit die beste moontlike uitkomste vir werknemers en maatskappye bied.

AI Coaching ondersoek ook verskeie ander potensiële afrigtingskletsbotte wat fokus op areas van belang vir ons kliënte. Hierdie kletsbotte sal ontwikkel word met behulp van dieselfde ontwerpproses, gebaseer op navorsing en streng toetsing om die doeltreffendheid van die kletsbotte te bepaal.

Belegging en vennootskap

Tree gerus via e-pos in verbinding met Anita Nel by [email protected] of Nicky Terblanche by [email protected]  indien u belangstel om in AI Coaching te belê of saam met AI Coaching te werk.