Breadcrumb
African Sun Media-groep
African Sun Media-groep
African Sun Media is 'n spesialisverskaffer van uitgewers-, druk- en ontwerpdienste vir die hoëronderwysmark en die privaatsektor. Hierdie innoverende en vooruitdenkende maatskappy is daartoe verbind om resultate van die hoogste gehalte teen die beste moontlike prys te lewer. African Sun Media is in 2003 gestig en het ’n druk- en produksieaanleg by die Universiteit Stellenbosch en dien ook as die universiteit se drukkery.
African Sun Media is ’n volledig geïnkorporeerde ontwerpagentskap wat die hele spektrum van kommunikasiedienste vir ’n wye verskeidenheid media bied.
In 2019 is die eienaarskapstruktuur verander om swart vroulike aandeelhouers in te sluit. Tesame met veranderinge aan die topbestuur het dit daartoe gelei dat African Sun Media se BBBEE-gradering verhoog is na Vlak 1.
Met die oog daarop om deel te wees van die breër gemeenskap, het African Sun Media die African Sun-stigting in die lewe geroep – 'n instrument waarmee die maatskappy plaaslike benadeelde gemeenskappe by sy filantropiese pogings betrek. Sosiale verantwoordelikheid is ’n sleutelfokusarea vir die maatskappy en sy spanne.
Meer oor African Sun Media: Nuutste nuus | Facebook
http://www.africansunmedia.co.za
SKEP
Ontwerp-, advertensie- en skakelagentskap
DRUK
Interne produksieaanleg
PUBLISEER
Wetenskaplike en algemene boeke
African Sun Media het gegroei tot ’n leier in die advertensie-, kommunikasie-, uitgewers- en drukkersbedryf waar alle afdelings as spesialiste in hul onderskeie velde funksioneer, terwyl hulle deel vorm van ’n onderling-gekoppelde, dinamiese span. Die spanne se gekombineerde vaardighede maak gebruik van ervaring en hulpbronne om kliënte die volledige spektrum van kommunikasiedienste en hoë kwaliteit produkte te bied.
SKEP & PUBLISEER
021 201 0071
[email protected]
Kantoor 5, The Woodmill,
Vredenburgweg Devonvallei,
Stellenbosch, 7600
DRUK & PRODUKSIE
021 808 2401
[email protected]
Admin A-gebou
Universiteit Stellenbosch
Ryneveldstraat, Stellenbosch, 7600
BBBEE Vlak 1