Skip to main content

US bied internasionale meesterklas in niersteenchirurgie aan

Die US se Afdeling Urologie het suksesvol sy jaarlikse internasionale meesterklas in Perkutane Nefrolitotomie aangebied. Die werkswinkel het uroloë van regoor die wêreld na die universiteit se moderne mediese fasiliteite gelok. Die tweedaagse werkswinkel het endossement van die Europese Vereniging van Urologie (EAU) se endo-urologie-afdeling as ʼn goedgekeurde opleidingsprogram ontvang.

Studente-inisiatief pak voedselonsekerheid op Tygerberg-kampus aan

Studentevrywilligers maak 'n tasbare verskil in die lewens van hul eweknieë deur die Tygerberg Pantry-projek (TPP). Die TPP is 'n noodondersteuningsinisiatief wat voedselonsekerheid onder studente by die FGGW aanspreek. Die projek oorbrug kritieke gapings wat deur befondsingstekorte gelaat word en bied 'n reddingsboei aan studente wat sukkel om kop bo water te hou.

US-student ontvang gesogte toekenning ter erkenning van jong dokters

Kayla Lourens, 'n finalejaar MBChB-student aan die Universiteit Stellenbosch (US), is erken as een van Suid-Afrika se top finalejaar-mediese studente toe sy die Jong Dokters Merietetoekenning verwerf het by die Nasionale Mediese Toekennings.

Robotchirurgie gebruik vir verwydering van lewende skenkernier by Tygerberg-hospitaal

In 'n eerste vir Suid-Afrika het 'n chirurg van die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand 'n skenkernier suksesvol verwyder met behulp van robotchirurgietegnologie by Tygerberg-hospitaal, wat 'n beduidende stap vooruit is om orgaanskenking minder indringend vir lewende skenkers te maak.
Subscribe to