Navorsings- en Internasionaliserings-
Ontwikkeling en -Steun (NIOS)
forward together | sonke siya phambili | saam vorentoe
Ons werk
NIOS fokus op 'n uitmuntende navorsingsomgewing
Die Afdeling vir Navorsing en Internasionalisering: Ontwikkeling en Ondersteuning (NIOS) in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), wat onder leiding van Prof Nico Gey van Pittius, Vicedekaan: Navorsing en Internasionalisering werksaam is, bied professionele en doeltreffende ondersteuning om uitmuntende navorsing in die Fakulteit te bevorder. RIDS ondersteun personeel en studente met navorsing, befondsing en etiek, en handhaaf ’n vriendelike, diensgerigte omgewing.
NIOS se fokus is om navorsingskapasiteit te versterk, befondsingsaansoeke en -toekennings te koördineer, en regulatoriese nakoming te verseker, insluitend die etiese goedkeuring van navorsingsvoorstelle. NIOS werk ook nou saam met die Universiteit Stellenbosch se Afdeling vir Navorsingsontwikkeling en Nagraadse Kantoor, om wyer navorsingsprioriteite te ondersteun.
Ons Dienste
🟢Navorsingskapasiteit- & -Befondsingsteun
Die Kantoor vir Navorsingskapasiteitsbou en -Befondsing steun die ontwikkeling van navorsingskapasiteit onder personeel en nagraadse studente, en versprei inligting oor befondsingsgeleenthede vir gesondheidsnavorsing. Dr Tania Brodovcky bestuur die kantoor.
🟣Kliniese Assistente-Navorsingsteun
Hierdie kantoor verskaf steun aan kliniese assistente wat as deel van hulle spesialisasieprogram navorsing doen. 'n Nuwe aanstelling word binnekort in verwag.
🔴Voorgraadse Navorsingsteun
Die kantoor vir Voorgraadse Navorsing steun navorsingskapasiteit, fasiliteer etiekbeoordelings, en verkry befondsing vir voorgraadse studente in die FGGW wat navorsing doen. Me Inge Sonn bestuur die kantoor.