Tygerberg Internasionaal
FGGW Navorsings- en Internasionaliserings-
Ontwikkeling en -Steun (NIOS)
Welkom
Die Universiteit Stellenbosch waardeer die teenwoordigheid van ’n diverse en florerende internasionale akademiese gemeenskap. Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied ons globale kohort uitstekende opleiding in mediese en gesondheidswetenskaplike programme en kursusse. Tygerberg Internasionale (TI) fasiliteer onderrig- en leerervarings van ’n hoë kaliber op voorgraadse, nagraadse en navorsingsvlak.
Visie van Tygerberg Internasionaal:
Skep en bevorder transformerende, inklusiewe en doeltreffende geleenthede vir onderrig, navorsing en sosiale impak op gesondheidsorggebied, sowel plaaslik as internasionaal, deur samewerking.
Waardes van Tygerberg Internasionaal:
- Uitnemendheid
- Diensbaarheid
- Integriteit
- Buigsaamheid
- Vindingrykheid
Laai ons feiteblad af
PhD-posisies by Med Uni Graz, Austria
ONS FGGW PROGRAMME
Vennootskole
44
Lande
600+
Studente
14
Departemente
20
Navorsingseenhede
Die Tygerberg Internasionale Kantoor van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bevorder en ondersteun internasionale akademiese uitruiling:
Hanteer skakeling en globale vennootskapbetrokkenheid tussen die Fakulteit en internasionale instellings.
Fasilteer registrasie by die Health Professions Council of SA (HPCSA).
Fasiliteer registrasie by die Nasionale Departement van Gesondheid se Foreign Workforce Management (FWMP-)program
Steun aan internasionale studente, personeel, en ander besoekers