Internasionale Nagraadse Keusestudente
Oorsig
As u tans vir klinieseassistents- of residensie-opleiding in u land van herkoms ingeskryf is, mag u vir kort tydperke (hoogstens een jaar) aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) opgelei word.
Sluitingsdatum vir aansoeke
Dien asseblief u aansoek en bewys van bevestiging minstens sewe maande voordat die elektiewe opleiding begin in.
Aansoekproses
1. Skakel regstreeks met die betrokke departement. Die kontakbesonderhede is op die yearbook.
2. Stuur asseblief ’n afskrif van die volgende:
- u CV
- akademiese transkripte>
- graadsertifikate
- Nadat die departement u aansoek goedgekeur het, sal hulle u terugverwys na die Internasionale Kantoor, wat u met die aansoekproses sal help.
Toelatings- en keuringsvereistes
- Inskrywing gedurende die rotasie vir klinieseassistents- of residensie-opleiding of vir opleiding in 'n subspesialiteit in u eie land (vir die kategorie “Nagraadse Studies")
- Bevestiging van akkreditasie by die Amerikaanse opvoedkundige kommissie vir buitelandse gegradueerdes in geneeskunde (ECFMG) se dienste vir internasionale akkreditasie (EICS)
- Inskrywing by die Gesondheidsberoeperaad van Suid-Afrika (RGBSA)
- Inskrywing by die Departement Gesondheid se bestuursprogram vir buitelandse werkers (FWMP)
- Inskrywing as geaffilieerde nagraadse student aan die Universiteit Stellenbosch
Verdere besonderhede
Me Raziyah Ajmodien
+27 21 938 9549
[email protected]