Skip to main content

 

 

Tygerberg Doktorale Kantoor

forward together sonke siya phambili saam vorentoe

Die Universiteit Stellenbosch sal Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit wees wat wêreldwyd as uitnemend, inklusief, en innoverend erken word en waar ons kennis tot diens van die samelewing bevorder.  Ons lok uitmuntende studente, stel talentvolle personeel aan, en bied 'n bevorderlike omgewing; 'n plek wat tot die welstand van plaaslike en verafgeleë gemeenskappe bydra.

Die Tygerberg Doktorale Kantoor is 'n kragbron vir PhD-studies in die Matie Fakulteit van Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe - vanaf navorsingsvoorstel tot en met gradeplegtigheid en sukses. Die FGGW tel onder die top 150 opleidingsinstansies ter wêreld in geneeskunde en geskondheidswetenskappe, en onder die top 4 in Afrika. Ons kampus is in die skilderagtige  Tygerbergomgewing van Kaapstad, Suid-Afrika geleë. Die kantoor vervul die sekretariaat-rol van die FGGW Komitee vir Nagraadse Navorsing; bied die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan; hanteer die eksaminering van proefskrifte in (100%) navorsingsmagistergrade; en verskaf omvangryke steun aan alle belanghebbendes by PhD-studies.​​ Ons PhD-steun webblaaie bevat besonderhede oor elke stap in die doktorale proses. 'n Kort oorsig van hierdie hulpbronne is ook in brosjureformaat beskikbaar. Die spesifieke regulasies wat op doktorale studente van toepassing is, word uiteengesit in die US Jaarboek (Deel 1 - Algemeen) asook in die FGGW Fakulteitsjaarboek (Deel 12 van die SU Jaarboek). By linktr.ee/tyg_phd word ons doktorale graduandi met trots belig.


🟠KNN

Die FGGW se Komitee vir Nagraadse Navorsing (KNN) oorweeg alle sake rakende navorsingsmeesters- en doktorale grade namens die Fakulteitsraad.Die Tygerberg Doktorale Kantoor tree as die sekretariaat van hierdie komitee op.Skryf aan ons by ​[email protected]​.