Skip to main content

 

 

Tygerberg Doktorale Kantoor

forward together sonke siya phambili saam vorentoe

Pre-Doktorale Kortkursu​s in Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe

Die Tygerberg Doktorale Kantoor bied jaarliks die US Pre-Doktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan.

🎯Doel: Die oorhoofse doel van hierdie kortkursus is om 'n substantiewe, interdissiplinere fondasie vir doktorale studies in Geneeskunde en ander Gesondheidswetenskappe te verskaf, te same met leiding wat betref die skryf van 'n doktorale navorsingsvoorstel.

🥸Teikengroep: PhD-studente in die voorstelontwikkelingsfase binne die US Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat reeds saam met hul studieleier aan 'n navorsingsonderwerp en verhandelingstitel werk en waarskynlik nie die onderwerp tydens die kursus sal verander nie, word besonderlik aangemoedig om aansoek te doen. Daar word van studente verwag om met 'n goed ontwikkelde sin van hul eie navorsingsbelanstelling op te daag. Sekere gedeeltes van die kursus aan SU-spesifieke prosesse gewei word. Studente wat met 'n gestremdheid / neurodiversiteit saamleef is hartlik welkom. Ons leer deurlopend - deel asb vooraf spesifieke benodighede of versoeke met ons.

🗓️Datum: Die volgende aanbieding van die kursus word voorlopig vir 18 tot 29​ Mei 2026 beplan. Voorbereidende leeswerk, take gedurende die kursus, en ongeveer een week van opvolgwerk versprei oor die drie tot vier weke na afloop van die kursus, word van studente verwag.

📋Aansoeke: Om vir hierdie kursus oorweeg te word, moet aansoekers:

  • Reeds in besit van 'n meestersgraad wees;
  • 'n Gewillige promotor in die FGGW hê;
  • 'n Duidelike sin van hul spesifieke navorsingsbelangstelling hê, soos reeds met 'n promotor bespreek;
  • Reeds aansoek gedoen het om toelating tot 'n PhD in die FGGW; en
  • Beskikbaar wees om die volle kursus persoonlik by te woon.
     

🟠Doen hier aansoek: https://forms.office.com/r/ayRB5cdqUp

🟠Vir verdere inligting, doen asb navraag by Dr Chanelle Windvogel op [email protected]

tree.jpg

🏛️Formaat van die Kursus: Die Predoktorale Kortkursus in Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe word in tweek blokweke aangebied. Die kursus is 'n ter plaatse kontakkursus wat elemente van die hibriede klaskamer integreer. Die kursus sal waar moontlik op 'n praktiese wyse aangebied word sodat studente genoeg tyd sal hê om met hul protokolle in gesprek te tree en met hul studieleiers te konsulteer. Om dit moontlik te maak, sal suksesvolle aansoekers leesstof ontvang om vooraf te bestudeer. Slegs studente wat die volledige kursus persoonlik ter plaatse kan en sal bywoon, mag aansoek doen. 

🪜 NQF-vlak: Die kursus is ontewerp vir studente wat reeds 'n vlak 9 kwalifikasie ('n meestersgraad) het, en wat voorberei op 'n vlak 10 kwalifikasie ('n doktorsgraad).

🎖️Sertifisering: Slegs digitaal. Die kursus is as 'n kortkursus geregistreer, waarvoor 'n US Bevoegdheidsertifikaat uitgereik word. Studente word geassesseer op grond van hul vordering gedurende die kursus - met elemente van hul navorsingsvoorstel en met hul aanbieding aan die einde van die kursus. Studente word versoek om ten tye van hul aansoek die opsie vir 'n digitale sertifikaat uit te oefen. Digitale sertifikate kan nie uitgedruk word nie. Enige harde kopie sertifikate sal vir die deelnemer se eie, aparte aansoek en koste wees.

🔢CPD-punte: Ons doen jaarliks aansoek vir kursus akkreditering vir Kontinue Professionele Ontwikkeling (KPO)-punte - toegeken aan diegene wat die volle kursus in persoon bywoon en wat 'n bevoegdheidsertifikaat verwerf. In 2024 en 2025 is die kursus geakkrediteer vir 76 punte, bestaande uit 70 kliniese en 6 etiekpunte.

💰Geraamde Koste:  R6,050.- per student in 2026
Interdepartementele Bestellings is beskikbaar en akademiese omgewings mag by geleentheid bereid wees om 'n student vir hierdie kursus te ondersteun. 
Vervoer en spyseniering is vir 'n student se eie rekening. Slegs koffie/tee vir 'n voormiddag blaaskans word gewoonlik verskaf, indien die begroting/omstandighede dit toelaat.

🌍Venue: BMNI, US Tygerberg kampus 

📜Kursusinhoud: Klik hier vir 'n voorbeeld van die program

🔊Taal van Onderrig: Engels 

☎️Kontak: Dr Chanelle Windvogel (kursusadministrateur) by [email protected] 

🍎Kursusleier: Dr Liela Groenewald 

🏁Opvolg: Na suksesvolle voltooiing van die kortkursus word US studente aangeraai om deel te neem aan die PhD Besprekingsgroep vir deurlopende ondersteuning tydens hul doktorale studies en om van die US Nagraadse Kantoor se verskeie geleenthede vir toepaslike kapasiteitsontwikkeling gebruik te maak..