Akademiese Jaardag
forward together • sonke siya phambili • saam vorentoe
69e Akademiese Jaardag
Augustus 2025
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch sien uit daarna om op 20 en 21 Augustus 2025 sy 69e Akademiese Jaardag (AJD) aan te bied.
Ons sien uit na 'n geleentheid waarby alle deelnemers kan leer, netwerk, saamwerk, en geinspireer word deur die uitstaande navorsing wat in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch gedoen word.
Alle voorleggings deur personeel, postdoktorale genote, nagraadse studente, en voorgraadse studente, sal in mondelinge of plakkaatformaat aangebied word, binne die raamwerk van 10 multidissiplinere bane, naamlik:
- Infeksiesiektes
- Nie-Oordraagbare Siektes
- Geestesgesondheide en Neurowetenskappe
- Geweld, Beserings, Trauma, en Rehabilitering
- Moeder- en Kindergesondheid
- Primere Gesondheidsorg
- Peri-Operatiewe Wetenskappe
- Gesondheidsberoepe Onderrig
- Globale Gesondheid, Openbare Gesondheid, en Gesondheidstelsels
- Oefening, Sport, en Lewenstylmedisyne
Neem asseblief kennis: Die datum en verdere besonderhede sal mettertyd bevestig word. Opsommings word nog nie ingeneem nie.
Ons nooi u om by ons aan te sluit vir hierdie uitstaande geleentheid in die dagboek van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. Ons vertrou dat dit weereens 'n unieke en insiggewende kongres sal wees en sien uit daarna om die dag met u te bestee terwyl ons 69 jaar van uitmuntendheid vier.
Prof Nico Gey van Pittius
Visie-Dekaan: Navorsing en Internasionalisering