Breadcrumb
Voornemende nagraadse studente
Word deel van 'n uitgelese gemeenskap
Die visie van die FGGW is om gesondheid en gelykheid in Suid-Afrika en elders te bevorder. Die Fakulteit se missie is om 'n kultuur van transformerende leer te skep en te handhaaf; om by te dra tot die ontdekking, deel en vertaling van kennis wat gesondheid en ontwikkeling sal bevorder; en om die breër gemeenskap te bevoordeel deur middel van aktiewe burgerskap.
Die FGGW bied 'n aantal uitstekende akademiese opleidingsprogramme aan, ondersteun deur navorsing van die hoogste gehalte, en ondersteun deur goed geïntegreerde kwaliteitsversekerings- en akademiese administrasiestrukture en -prosesse. Hierdie programme voorsien in die behoeftes van 'n wye reeks gesondheidsorgdissiplines.
Oor dekades van toegewyde en volgehoue werk het die FGGW 'n uitstekende reputasie vir navorsing opgebou. Ons bly presteer as 'n toonaangewende navorsingsryke omgewing met uitgebreide internasionale samewerkings, benewens nasionale en plaaslike vennootskappe. 'n Navorsingsagenda wat gevorm word deur strategiese navorsingsfokusareas verseker dat ons navorsingsaktiwiteite die belangrikste gesondheidsuitdagings aanspreek waarmee die Afrika-kontinent te kampe het. Ons verwelkom jou belangstelling.
Fakulteitsadministrasie
Fakulteitsadministrateur: Nagraadse Diploma, Honneurs-, en Meestersprogramme
Me Megan Jantjies
🕿 +27 (0)21 938 9204
✉ [email protected]
Fakulteitsbeampte: Telematiese programme
Me Carmen Jordaan
🕿 +27 (0)21 808 9111
✉ [email protected]
Tygerberg Doktorale Kantoor
Voornemende en huidige PhD-studente en promotors, kontak asb:
Me Brigitta Kepkey
🕿 +27 (0)21 938 9813
✉ [email protected]
Rakende (100%) navorsingsmeesters se eksaminering, kontak asb:
Dr Chanelle Windvogel
🕿 +27 (0)21 808 9451
✉ [email protected]
Klik hier vir meer inligting vanaf die Tygerberg Doktorale Kantoor.