Breadcrumb
Natuurwetenskap
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
What can I study?
Our social impact
Our research
Faculty stories
Persverklaring
Dowe student behaal BScHonneursgraad
Doof met ’n hoofletter D en trots daarop!
Dit is met hiérdie ingesteldheid waarmee Trevolin Pillay hierdie week oor die verhoog sal stap om sy HonsBSc-graad in...
Toekennings en mylpale
Briljante wiskunde-presteerder met US se gesogte Kanseliermedalje vereer
Slegs 'n paar weke nadat sy as een van die ontvangers van die gesogte Rhodes-beurs aangewys is, is Kerry Porrill met die Universiteit Stellenbosch se hoogste...
Institusionele nuus
Hulle het diep spore getrap in die Fakulteit Natuurwetenskappe
Mariétta van den Worm, direkteur: fakulteitsbestuur, en Suzette Els, persoonlike assistent van die dekaan, is onderskeidelik 25 en 35 jaar by die Fakulteit...