Skip to main content

Plant- en Dierkunde

Long-tongued fly pollinator
Image by: Bruce Anderson

Waarom Plant- en Dierkunde studeer?

Die Departement Plant- en Dierkunde staan aan die voorpunt van navorsing in die vakgebiede biologie en ekologie, met 'n spesifieke fokus op die unieke geleenthede wat deur Afrika se biodiversiteit gebied word. Ons academici word as wêreldleiers in hul vakgebiede erken - van mikrobiologie, plantkunde, mariene navorsing en molekulêre ekologie tot evolusionêre biologie en globale verandering  

Ons programme is só ontwerp om ons begrip van Afrika se ongelooflike mariene- en landelike ekosisteme te verdiep, dit te bewaar en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Deur samewerking, ondersoek ons groot uitdagings, soos die bestuur van indringer spesies, bewaringsbestuursprogramme, en die ondersteuning van gemeenskapsgebaseerde biodiversiteitsinisiatiewe.

“Ons doel is om kennis oor biodiversiteit, ekologie en evolusie te verdiep deur innoverende navorsing en onderrig. Deur die interaksies tussen organismes en hulle omgewings te verken, dra ons by tot volhoubare oplossings vir plaaslike én globale omgewingsuitdagings.”

Ons Programme

Die BSc in Biodiversiteit en Ekologie program bied opleiding in ekologie, biodiversiteit, klimaatverandering en mikrobiologie. Studente kry ’n grondige begrip van die oorsprong, diversiteit en funksie van organismes, hul wisselwerking met die omgewing, en die impak van faktore soos klimaatsverandering, indringer-spesies en besoedeling. Terrestriële én mariene stelsels word behandel.

Jy kan een van drie fokusgebiede kies – elk bied ’n unieke pad tot honneurs, meesters- en doktorale studie in Plantkunde of Dierkunde.

  • Klimaatveranderingsekologie
  • Plante en Dierebiodiversiteit
  • Plante en Mikrobes
     

Fokusgebied: Klimaatveranderingsekologie

Hierdie fokusgebied bestudeer wêreldverandering vanuit ’n biologiese perspektief – insluitend klimaatsverandering, mensgemaakte drywers soos besoedeling en grondgebruik, asook hul effek op spesies, gemeenskappe en ekosisteme. Jy leer hoe om data oor verskillende vlakke van biologiese organisasie en skale te interpreteer en aan te wend – sodat jy self oplossings kan begin vorm.

Fokusgebied: Plante en Dierebiodiversiteit

Dié fokusgebied verken die diversiteit, oorsprong en ekologiese funksie van spesies in varswater, mariene en terrestriële stelsels. Die klem val op molekulêre interaksies en biodiversiteit se rol in bewaring, voedselvoorsiening en gesondheid. Hierdie fokusgebied berei jou voor om aktief deel te neem aan bewaring, navorsing en oplossings vir wêreldwye uitdagings.

Fokusgebied: Plante en Mikrobes

Hier verken jy die rol van mikrobes en plante binne ekologiese en evolusionêre kontekste. Die program koppel mikrobiologie aan plantkunde en berei jou voor vir navorsing of beroepe wat oor vakgebiede heen strek. Jy kry waardevolle vaardighede om loopbane in plantpatologie, mikrobiologie of biotegnologie aan te pak.

Ons nagraadse programme

BScHons in Biodiversiteit en Ekologie

Hierdie eenjaarprogram bied gevorderde kennis, navorsingsvaardighede en praktiese bevoegdheid in biodiversiteit en ekologie – ideaal vir verdere studie of ’n wetenskaplike loopbaan.

MSc in Plantkunde of Dierkunde

’n Gespesialiseerde navorsingsgraad. Toelating vereis minstens 65% vir jou honneursgraad en die ondersteuning van ’n studieleier. Jy ondersoek gevorderde biologiese temas en dra aktief by tot nuwe kennis. Hierdie program gee jou die ruimte om vrae te ondersoek wat vir jóú betekenisvol is.

PhD in Plantkunde of Dierkunde

’n Intensiewe navorsingsprogram vir MSc-gegradueerdes. Jy ontwikkel nuwe insigte deur oorspronklike navorsing, en bevorder wetenskaplike denke in jou veld. As doktorale student speel jy ’n sleutelrol in die uitbreiding van kennis – jou navorsing dra direk by tot wetenskaplike vooruitgang.

Komende geleenthede

Woon ons geleenthede by en ontdek, groei, leer en raak betrokke by ons gemeenskap.

Physiological Sciences

Contact us

Kontak ons
Phone: +27 21 808-2138
E-mail: [email protected]

Straatadres:
Kantoor 2033
Natuurwetenskappe-gebou
Merrimanlaan, Stellenbosch