Fakulteit Natuurwetenskappe
Ons bou aan Suid-Afrika se wetenskaplike, intellektuele en tegnologiese vermoëns
Die Fakulteit Natuurwetenskappe is ’n vooraanstaande fakulteit vir opleiding en navorsing in die fisiese, biologiese en wiskundige wetenskappe. Met agt departemente, verskeie navorsingsentrums, institutte en navorsingsleerstoele bied ons ’n stimulerende akademiese omgewing waar studente op alle vlakke – van voorgraads tot nagraads – met komplekse wetenskaplike uitdagings werk en aangemoedig word om volhoubare oplossings te ontwikkel.
Jy leer om krities te dink wanneer jy wetenskaplike uitdagings aanpak, gebaseer op ’n stewige grondslag in die natuurwetenskappe. Met toegang tot gevorderde analitiese toerusting en moderne laboratoriumfasiliteite kry jy volop geleenthede vir praktiese opleiding en die ontwikkeling van jou analitiese vaardighede – sodat jy hierdie uitdagings met insig en selfvertroue kan benader.
Dit wat ons uniek maak
Die Fakulteit Natuurwetenskappe het 'n sterk etos van navorsingsuitnemendheid en lewer 'n belangrike bydrae tot die samelewing deur navorsingsuitsette met impak deur bekroonde navorsers. In hierdie omgewing berei ons studente voor vir die moderne arbeidsmark en om impakvolle loopbane in wetenskap en tegnologie te kan hê.
Voorgraadse programme
Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied diverse voorgraadse programme in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe aan. Ons buigsame graadprogramme berei studente voor vir die moderne wêreld van werk en rus hulle toe met die nodige vaardighede vir die 21ste eeu. Ons bied 'n unieke, persoonsgerigte studente-ervaring wat dien as 'n katalisator vir transformerende verandering.
Nagraadse programme
In ons nagraadse programme streef ons na 'n gesonde balans tussen basiese en toegepaste navorsing, met inagneming van die behoeftes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen. Ons is voorstanders van ʼn multidissiplinêre benadering op nasionale en internasionale vlak, en oor vak-, fakulteits- en ander grense heen. Navorsing word ondersteun deur verskeie sentrums, analitiese fasiliteite en institute onder die beskerming van ons ag akademiese departemente.
Hoof stories
Lees stories oor ons strewe na oplossings met impak, die bou van leergemeenskappe wat die nuutste tegnologieë benut, en ons uitsonderlike mense.
Institusionele nuus
US lewer meeste navorsingsuitsette in Afrika volgens nuwe QS-ranglys
Indien die eerste Quacquarelli Symonds-wêreldranglys vir Universiteite (QS WRU): Afrika suid van die Sahara iets is om na te gaan, is die Universiteit...
Menings en artikels
Vroue in STEM los werklike probleme op
Vroue in die wetenskap los werklike probleme op nie net deur nuwe materiale te ontdek of eksperimente te verfyn nie, maar deur te herdefinieer wat as ’n...
Persverklaring
US-biochemikus deel van globale konsortium met US$60 miljoen vir nuwe strategieë vir die ontdekking van nuwe antibiotikas
Prof Erick Strauss van die Universiteit Stellenbosch (US) se departement Biochemie staan aan die hoof van een van twee Afrika-projekspanne wat gekies is om deel...
Komende geleenthede
Woon ons geleenthede by en ontdek, groei, leer en raak betrokke by ons gemeenskap.
Kontak ons FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE
Fisiese adres
Tweede vloer
AI Perold Gebou
Stellenbosch