Skip to main content

Fakulteit Natuurwetenskappe

Dit wat ons uniek maak

Die Fakulteit Natuurwetenskappe het 'n sterk etos van navorsingsuitnemendheid en lewer 'n belangrike bydrae tot die samelewing deur navorsingsuitsette met impak deur bekroonde navorsers. In hierdie omgewing berei ons studente voor vir die moderne arbeidsmark en om impakvolle loopbane in wetenskap en tegnologie te kan hê.

Akademiese profiel
3050
Voorgraadse studente
795
Nagraadse studente
167
Dosente

Afgestudeerdes 2023
193
HonsBSc
131
MSc
47
PhD
A firrst-year science student raises his hand high to ask a question during a chemistry lecture.
Image by: Stefan Els

Voorgraadse programme

Die Fakulteit Natuurwetenskappe bied diverse voorgraadse programme in die biologiese, fisiese en wiskundige wetenskappe aan. Ons buigsame graadprogramme berei studente voor vir die moderne wêreld van werk en rus hulle toe met die nodige vaardighede vir die 21ste eeu. Ons bied 'n unieke, persoonsgerigte studente-ervaring wat dien as 'n katalisator vir transformerende verandering.


Postgraduate BSc student explains his research to a fellow student.
Image by: Ignus Dreyer

Nagraadse programme

In ons nagraadse programme streef ons na 'n gesonde balans tussen basiese en toegepaste navorsing, met inagneming van die behoeftes van die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die algemeen. Ons is voorstanders van ʼn multidissiplinêre benadering op nasionale en internasionale vlak, en oor vak-, fakulteits- en ander grense heen. Navorsing word ondersteun deur verskeie sentrums, analitiese fasiliteite en institute onder die beskerming van ons ag akademiese departemente.

Pramry school learners from Stellenbosch learning about water quality in Jonkershoek.
Image by: Photo by Wiida Fourie-Basson

Ons Sosiale Impak

Die Fakulteit Natuurwetenskappe is daartoe verbind om die kundigheid en kennis van ons navorsers en studente te gebruik om die samelewing te bevoordeel deur middel van etiese en volhoubare inisiatiewe en navorsingsprojekte. Ons werk ook saam met talle instellings om bewustheid van die belangrikheid van wetenskap en tegnologie in die samelewing te bevorder en aan te moedig.

Ons talle inisiatiewe weerspieël ons toewyding om wetenskaponderrig te verbeter, openbare begrip van wetenskap te bevorder en toekomstige jong wetenskaplikes te inspireer.

Kontak ons FAKULTEIT NATUURWETENSKAPPE

Fisiese adres

Tweede vloer
AI Perold Gebou
Stellenbosch