Aanmelding van klagtes
Kontak studenteleiers
Ons moedig jou aan om die onderskeie interne prosesse en stelsels te benut om kwessies, klagtes of griewe aan te meld. Die Akademiesebelangeraad (ABR), ’n liggaam wat onder die Studenteraad (SR) ressorteer, het studenteverteenwoordigers in elke fakulteit. In ruimtes waar jy met ander sosiaal verkeer, kan jy na studenteleiers in jou kluster, koshuis, of PSG uitreik vir ondersteuning en raad oor ander ondersteuning op kampus. Jy kan ook die Kantoor van die Studentedekaan kontak: [email protected].
Gesels met die Eenheid vir Gelykwaardigheid
Jy kan voorvalle van onbillike diskriminasie, viktimisering, seksuele teistering en ander vorms van teistering by die Eenheid vir Gelykwaardigheid (EGW) aanmeld via hulle aanlyn aanmeldplatform of by [email protected]. Jy kan ook die Eenheid by +27 21 808 3136 kontak, of hul kantore by Huis Simon Nkoli, Victoriastraat 39 in Stellenbosch besoek.
WAT KAN JY DOEN AS JY GETEISTER WORD?
If you experience unfair discrimination or harassment, or are victimised, the EqU will be there to support you. Empathy, procedural fairness, and confidentiality are the cornerstones of the Unit’s work. Once you have reported an incident, the following will happen: As jy onbillike diskriminasie, teistering of viktimisering ervaar, is die EGW daar om jou te ondersteun. Empatie, prosessuele billikheid en vertroulikheid is die hoekstene van ons werk. Sodra jy 'n insident gerapporteer het, sal die volgende plaasvind:
Ons sal ’n gevallebeampte in kennis stel en jou klagte aan die persoon toewys.
Jou gevallebeampte sal jou kontak om bymekaar te kom, hetsy aanlyn of in ’n kontaksessie.
As jy jou klagte via e-pos ingedien het, sal die gevallebeampte jou help om ’n aanlyn innamevorm in te vul.
Met julle eerste ontmoeting word ’n voorlopige assessering gedoen.
Inligting word dan uit onderhoude met respondente/getuies ingewin.
Die inligting wat die beampte insamel, word verwys na adviseurs, wat aanbevelings aan die hoof van die EGW voorlê.
Jou gevallebeampte sal vir jou terugvoer gee oor die aanbevelings en die pad vorentoe.
Kontak die Kantoor van die Ombud
Die Kantoor van die Ombud is 'n onafhanklike, neutrale en vertroulike ruimte waar studente, personeel en ouers klagtes en probleme kan aanmeld wanneer die bestaande Universiteitstrukture nie daartoe in staat is om sake bevredigend op te los nie, of waar dardie strukture skynbaar ontoereikend is.
Jy kan die Ombud, advokaat Rina Meyer, per e-pos of telefonies kontak: [email protected] of +27 82 807 2994. Jy kan ook vir Grace Bruintjies, die Kantoor se administratiewe beampte, e-pos by [email protected]. Besoek die Kantoor van die Ombud se webblad by https://www.su.ac.za/af/kantoor-van-die-ombud. Dit verskaf ook die Ombud-innamevorm waarmee jy 'n klag of kwelpunt vir oorweging voorlê.
Gebruik die Etiekblitslyn
Die US het ’n subskripsie op ’n onafhanklike etiekblitslyn waar studente enige onreëlmatighede anoniem kan aanmeld. Hierdie diens word onafhanklik deur Deloitte bestuur. Jy kan hulle bel (0800 204 549), e-pos ([email protected]) of faks (0800 007 788), of hulle webwerf besoek (https://www.tip-offs.com/).