Skip to main content
Stefan Els

Studentegemeenskappe

 

Die Universiteit Stellenbosch se studentepopulasie bestaan ​​uit koshuisgebaseerde en pendelaarstudentegemeenskappe. Pendelstudentegemeenskappe verwys na studente wat in private verblyf in en om Stellenbosch woon en studente wat elke dag na en van die kampus reis. Beide koshuis- en pendelaarstudente word toegewys aan 'n gemeenskap wat hulle sal help om te integreer by die sosiale en akademiese lewe aan die Universiteit.

 

Wat is klusters?

Klusters is groeperings van studentegemeenskappe en sluit koshuis- en pendelaarstudente in. Daar is agt kluster studentegemeenskappe aan die US: amaMaties, Rubix, Senior Leefruimtes (SLR), TygerMaties, VicMeyr, Validus, Victoria en Wimbledon. Klusters word saamgestel op grond van die geografiese nabyheid van die onderskeie koshuise en pendelstudentegemeenskappe (PSG's). 

Die kluster waarby jy ingedeel is, is jou paspoort na ’n volledige universiteitservaring en sal jou help om sommer van die begin van jou universiteitsreis af mense te ontmoet uit ’n veel groter poel as jou onmiddellike gemeenskap. Dis ’n plek waar vriendskappe floreer, ondersteuning byderhand is en blywende bande gesmee word. 

Hierdie stelsel bevorder integrasie tussen opkampus- en pendelaarstudente deur middel van gemeenskaplike ruimtes op kampus; bv. oop eetsale, klusterhubs waar jy bekostigbare gekookte maaltye kan kry, studieruimtes en geleenthede vir netwerkvorming of portuurgroepleer.

Kyk deur die klusters hier onder om te sien by watter een jy hoort:

 

Photo of AmaMaties cluster logo
Photo of Rubix cluster logo
Photo of TygerMaties cluster logo
CAPRI
ERICA
HUIS NEETHLING
HELDERBERG
NEMESIA
SERRURIA
EQUITE
VENUSTIA
NERINA
METANOIA
PIEKE
HEEMSTEDE
UBUNTU
ENKANYINI
HUIS FRANCIE VAN ZIJL
HIPPOKRATES
MEERHOFF
NKOSI JOHNSON
OSLER
Photo of SLS cluster logo
Photo of VicMeyr cluster logo
Photo of Validus cluster logo
RUSSEL BOTMAN HOUSE
HUIS DE VILLIERS
LISTEN, LIVE AND LEARN (LLL)
NCA
LOBELIA
HUIS MACDONALD
CONCORDIA
THE VILLAGE
MAJUBA
MINERVA
HUIS TEN BOSCH
DAGBREEK
AURORA
LYDIA
GOLDFIELDS
ISA
HUIS MARAIS
SIMONBERG
OLYMPUS
HUIS VISSER
ACADEMIA
KHAYALETHU
Photo of Victoria cluster logo
Photo of Wimbledon cluster logo
OUDE MOLEN
MONICA
HARMONIE
WILGENHOF
SILENE
IRENE
EENDRAG
SONOP
ARISTEA
VESTA
HELSHOOGTE

Pendelstudente-gemeenskappe (PSG's) vir Stellenbosch

Die pendelstudentegemeenskappe (PSG’s) vir die Stellenbosch-kampus is Aristea, Aurora, Capri, Equité, Olympus, Oude Molen, Pieke, Silene, Venustia en Vesta.Our Stellenbosch-based commuter student communities are Aristea, Aurora, Capri, Equité, Olympus, Oude Molen, Pieke, Silene, Venustia and Vesta.

PSG's vir Tygerberg

Die PSG vir die Tygerberg-kampus is Osler.

 

 

 

 


 

 


 

PSG's vir nagraadse en senior studente

amaMaties.Net, Wimbledon.Net en Rubix.Net is ons drie PSG's vir seniors. Dis op die Stellenbosch-kampus gesetel.

 

 

 

 

Mentors - jou staatmaker vir die aanpassing by die universiteitslewe

’n Mentor word vir elke nuweling toegewys – ’n senior student wat self al die Verwelkomingsprogram deurloop het en ervaring van die universiteitslewe het. Op grond van hulle persoonlike ondervinding en die opleiding wat hulle kry, kan jou mentor vir jou leiding gee en die oorgang vanaf hoërskool na universiteit help fasiliteer. 

Jou mentor sal van die eerste mense wees wat jou op kampus ontmoet en verwelkom. Hulle betrek jou by betekenisvolle, prettige aktiwiteite wat jou help ontwikkel en wat verseker dat jy sosiaal en akademies by die kampuslewe inskakel. Dink dus aan jou mentor as jou persoonlike stel nutsmiddels op jou reis na studentesukses. 

As ’n mentor nog nie aan jou toegewys is nie, kontak asseblief die Sentrum vir Studentelewe en -leer (SSLL) by [email protected] of +27 21 808 3064.

Photo of two students studying together

BELANGRIK!


Jou PSG verskaf NIE vir jou verblyf nie. Jy sal egter toegang tot sekere koshuise hê, waar jy met studente in die koshuis kan meng deur jou studentekaart te gebruik om maaltye by 'n oop koshuiseetsaal in 'n sekere kluster te bespreek. 


Belangrike feite oor Pendelstudentegemeenskappe

 

  • Daar is elf voorgraadse PSG’s – tien op die Stellenbosch-kampus en een op die Tygerberg-kampus. Albei hierdie kampusse het ook aangewese gemeenskappe wat ondersteuning vir nagraadse studente bied.

  • Nuwe studente word volgens die Universiteit se Plasingsbeleid by ’n gemeenskap ingedeel. Ons laat weet jou per e-pos by watter gemeenskap jy ingedeel is. Ons stuur vir jou ’n verwelkomingsbrosjure van jou PSG af, wat ook julle verwelkomingsprogram bevat. As die e-pos of die brosjure (of albei) nie by jou uitgekom het nie, kontak asseblief US Kliëntedienste by 021 808 9111 of [email protected], of e-pos die Eenheid vir Pendelstudentegemeenskappe (EPSG) by [email protected].

  • Hierdie gemeenskappe word gesamentlik deur die EPSG en die SSLL bestuur. (Die Eenheid is in die Sentrum gesetel.) Die Eenheid en die Sentrum ressorteer albei onder die Verantwoordelikheidsentrum: Studentedekaan (VS: DS).

  • Nadat jy by ’n gemeenskap ingedeel is, mag jy nie na ’n ander een verskuif nie. Jy bly vir die volle duur van jou universiteitsreis in die gemeenskap wat aan jou toegewys is. Die kluster waarin jy is, bepaal by watter gemeenskap jy ingedeel word. Kontak asseblief US Kliëntedienste by 021 808 9111 of [email protected]. Jy kan ook in die verwelkomingstyd die EPSG se kantoor besoek (Bosmanstraat 9 en 11) of ’n e‑pos na [email protected] of [email protected] stuur.

  • Sorg asseblief ook dat jy bewus is van die verpligte PSG-fooi wat alle studente – ook dié in koshuise – jaarliks moet betaal.